JM
Jaco M

1 reviews | Active since Sept 2011

11 Dec 2019, 15:39

SWAK DIENS

In Oktober laasjaar is my kar se aircon vervang. R23000+ later. Intussen was my kar 2 keer weer terug by hierdie tak omdat die aircon nie na wense werk nie. Eerste keer is daar vir my gesê dat daar nie genoeg olie in die pomp was nie en daar is weer gas ingesit. 2de keer is daar weer gas ingesit. Gister ry ek weer daar om aangesien die aircon koel lug blaas en op die 4 verstelling nie die kar afgekoel kry nie. Die aircon pomp sing te lekker agv die bearing wat tien teen een seergekry het omdat daar nie genoeg olie in die pomp was nie. Daar is vir my gesê ek word vanmore gebel sodat die kar ingeboek kan word wanneer daar 'n opening is. En ek wag nog steeds. En elke keer sit ek sonder 'n ryding en moet ek ry sodat hulle hulle gemors kan regmaak. Weet eerlikwaar nie hoe hulle dealer van die jaar wen nie. Mens kla nie oor die diens nie want daar is geen diens nie.

0
Replies (0)