1 reviews | Active since Jul 2013
Beskadigde deurslot

Ek het n voertuig by Bidvest gehuur in Port Elizabeth van 20 tot 22 Januarie 2017. Eerstens was n Chevy Spark vir my geboek maar op aankoms in PE lughawe was ek gevra of ek n Huynday I10 sal neem waarop ek gesê het dat dit reg is so. Ek en my vrou is toe daar weg na die adres soos aangeteken op die papier werk.

By aankoms by die lughawe op 22 Jan 2017, het die bruin man by my gekom soos ek uit die kar geklim het aan die regterkant van die kar en ek het die sleutel aan hom oorhandig waarop hy reguit na die linkerkant van die kar gegaan het en die sleutel in die deurslot probeer druk en vir my gesê het dat die deurslot beskadig is.

Dit sê vir my dat hy geweet het van die skade aan die deurslot en dit te laat agter gekom het en toe die skade na my toe oorskuif.

Ek het vandat ek die kar geneem het tot met terug handiging die kar net aan die regterkant oop en toe gesluit en daarom was ek nie bewus van enige skade aan die deurlot nie.

Nou word daar ONREGVERDIG geld van my verhaal vir skade aan die voertuig wat nie gedurende die tydperk wat ek die kar gehad het veroorsaak was nie.

Ons sal die saak ondersoek en daarna ****ak maak. Daar is systeme in plek om skade van enige aard op te tel en ons kan jou verseker ons sal nie 'n klient verantwoordelik hou vir ou skade nie.
Ons Bestuurspan sal ****ak maak sodra hulle al die inligting het en kan help in hierdie geval.
Groete,
Bidvest Car Rental