Betterbond - Wilma and Elize Dunmouw
Aan Wilma and Elize Dunmouw
Ek wil net weereens bitter baie dankie sê vir die amazing diens en geduld en A graad hulp wat ons van jul ontvang het. Dit het ons letterlik maande geneem om n huisie te kry wat ons sak pas en ook ons harte steel en julle was so geduldig met ons deur die hele proses en het ons so mooi gehelp en ver beste diens verskaf meer as wat van jul verwag word. Ek deel jul nommers met liefde vir almal uit en praat net met lof van jul, jul maak regtig die beste span en ons was so gelukkig dat twee sulke Engele op ons pad gekom het.
Uiteindelik is ons ook "Home Owners" en julle het die proses so maklik en gerieflik gemaak, gereeld gebel en net opgevolg met hoe dit gaan met huis soekery en dit was net die beste ervaring. Baie dankie vir al die goeie raad en dat jul die proses so mooi verduidelik het altyd as ek so baie vrae het oor ek gladnie geweet het hoe hierdie huis koop ding werk nie.
Julle het definitief daai "Family feeling" en dit was vir my bitter spesiaal omdat dit ons eerste huisie is en dit `n opwindende ervaring moet wees, julle het ons definitief opgewonde oor alles laat voel.
Bitter baie dankie vir al die moeite en hulp. Ons sou nie ons droom huisie gehad het sonder julle nie.
Groete Wynette & Freddie Terblanche
Thank you so much for taking the time to post this compliment. We are delighted that we were part of the journey towards finding you that dream home.
Kind Regards
The BetterBond Team
Thank you so much for taking the time to post this compliment. We are delighted that we were part of the journey towards finding you that dream home.
Kind Regards
The BetterBond Team
