1 reviews | Active since Oct 2011
BESTMED.... NO, WORSTMED!
BESTMED.... OF WORSTMED??
Ek is reeds vir meer as 'n kwart eeu 'n lid van Bestmed. In hierdie tyd het ek getrou al my bydraes betaal... sonder dat daar groot kostes was wat deur die mediese fonds betaal moes word. Net die gewone goed. Soos verkoues, spierpyne, ens. Alles het dus heel goed gelyk by Bestmed. Tot verlede jaar...
Ek is 'n verlede gelede met kanker gediagnoseer. Hoewel Bestmed by verskeie geleenthede toegegee het dat dit 'n PMB diagnose is (een waar hulle volgens die wette van Suid-Afrika verplig is om die kostes te betaal), weier hulle steeds om 'n groot deel van die werklike kostes te betaal.
Na elke keer wat ek die saak aan hulle verduidelik het, het ek e-pos erkenning van Bestmed gekry dat hulle dit behoort te betaal. Net om later van die finansies afdeling te hoor dat hulle dit nie gaan betaal nie. Nou het ek 'n bewys vir belasting gekry waarop hulle steeds aandui dat hulle nie gaan betaal nie.
Om iemand te kry om die saak persoonlik mee te bespreek, is skynbaar onmoontlik. Dis net die gewone "telephone operators" wat nie weet hoe om met eise vir PMB siektes te werk nie.
Hierbenewens was daar in hospitaal kostes wat hulle nie betaal het nie. Selfs al sê al Bestmed se advertensies dat die plan waarop ek is alle in hospitaal kostes dek. Dit laat my met geen ander opsie as om te glo dat hulle leuenagtig was in hulle reklame en mense mislei nie.
In hierdie stadium laat dit my met geen ander keuse as om die saak op die sosiale media (en ander plekke soos Hellopeter) aan die orde te stel nie. Selfs die saak op te neem met die mediese ombudsman.
Bestmed? Nee, na hierdie ervaring dink ek dalk is 'n meer gepaste naam: Worstmed!
Goeiedag
U word vriendelik versoek om volle detail van u klagte met betrekking tot die betrokke eise, ensovoorts deur te stuur na *** vir ondersoek en hantering deur een van ons Senior Eskalasie-beamptes.
Vriendelike groete.
Bestmed

Kan u asseblief u volle Bestmed-besonderhede stuur na *** tesame met 'n kopie van hierdie klagte vir ondersoek deur een van ons Eskalasie-agente.
Vriendelike groete
Bestmed
Goeiedag
Kan u asseblief u volle Bestmed-besonderhede stuur na *** tesame met 'n kopie van hierdie klagte vir ondersoek deur een van ons Eskalasie-agente.
Vriendelike groete
Bestmed
Goeiedag mnr Knouwds
Bestmed het reeds u e-pos gister deur middel van *** ontvang en sal vir u terugvoer gee sodra ons die saak volledig ondersoek het.