1 reviews | Active since Dec 2014
Swak en Voorooldeelde Beriggewing
Beeld se voorblad het 'n groot foto van 'n Pro-Afrikaans student wat probeer om ' Anti-Afrikaans student met die vuis te slaan. Dit is Beeld se weergawe van wat by Tukkies aan die gebeur is. Nie hoe Anti-Afrikaans studente Pro-Afrikaans student met klippe en bakstene gooi, hoe hulle die pragtige kampus van Tukkies verniel, hoe hulle vrouens slaan en afbreek, hoe hulle klasse ontwrig nie. Nee, Beeld sien hoe 'n Pro-Afrikaans student probeer om 'n vuishou in die geveg in te kry. Hoe 'n Pro-Afrikaans student probeer om sy taal te berskerm. Beeld is veronderstel om 'n Afrikaanse koerant te wees, om Afrikaans te ondersteun. Nee, dis nie hoe Beeld werk nie. Hulle vertel 'n eensydige storie en dan verdraai hulle die feit ook nog. Ek daag Beeld uit vandag. More wil ek op die Beeld se voorblad 'n eerlike weergawe sien van wat aan die gebeur is by Tukkies. Ek wil feite sien. Ek wil sien hoe 'n Afrikaanse koerant Afrikaans as 'n taal beskerm asook die mense wat hierdie taal lief het. Julle behoort julself te skaam. Wat van al die Afrikaanse mense wat julle al vir jare ondersteun? Beeld het Afrikaans in die steek gelaat. Julle kamstige Afrikaanse koerant sal nooit weer my huis betree nie.
