VS
Vivienne S

1 reviews | Active since Dec 2021

28 Dec 2021, 10:14

Betaal vir bed, tot op hede niks ontvang nie.

Ek het die 17de November 2021 na Beares gegaan om n driekwart bed vir my te koop. Die verkoopsdame het my laat verstaan dat daar 2 beddens beskikbaar is, waarna ek soek. Met dit ingedagte, koop ek die bed. Laat die agtermiddag bel hul, dit is vir n ander kliënt. So verloop n week verby en ek bel Beares Worcester. Net om te moet aanhoor dat hul die beddens vanaf die warehouse in oop trokke vervoer en met die baie reën wat hul daarbo gehad het, kan ek (die kliënt), seker verstaan dat dit nie vervoer kan word nie, MAAR, as ek die koop wil kanselleer, kan ek maar die papierwerk kry om my geld terug te kan kry. So gebeur dit weer dat ek bel om te hoor wanneer die bed dan afgelewer word. Kry weer n verskoning. Die derde keer, moet ek hoor dat dit voor Kersfees hier sal wees, in daardie gesprek met die bestuurderes het ek my misnoeë omtrent hierdie aangeleentheid aan haar deurgegee hoe ek voel en die hantering daarvan. Wel dit is nou al n vyf weke en 2 dae. Steeds geen bed nie, kom die 27ste, kanselleer ek die koop, of die bed nou daar is of nie, die bestuurderes het my laat verstaan, deur elke keer te noem, dat ek die koop kan kanselleer, die maatskappy nie my geld nodig het in hierdie moeilike ekonomiese tye nie.

0
Replies (3)
Beares
Beares's reply28 Dec 2021, 10:53
Official
More information was requested via email
Beares
Beares's reply29 Dec 2021, 08:29
Official
 
We acknowledge and are in receipt of the complaint/enquiry, and are in the process of investigating the matter.
 
 Our reference number is:  746351
Beares
Beares's reply29 Dec 2021, 14:53
Official
Dear Miss Steenkamp,

Please be advised this matter has been amicably resolved

Yours faithfully,
Lewis Stores