1 reviews | Active since Jan 2021
SWAK DIENSLEWERING
Ek het gesoek na duvets en quilts en het op Baumont Bedding afgekom op facebook. Hul is 'n "online only shopping" besigheid in die Kaap. Hul het die mooiste verskeidenheid beddegoed teen billike pryse. Maar hul dienslewering is baie swak. Hul aflewering neem 5 - 10 werksdae, na 16 dae moes ek navraag doen waar my pakkie is. Nicolene behou nie ****ak en hou mens op hoogte van wat aangaan nie. Het ander whatsapp nommer gekry en met Jacques gepraat. Baie behulpsaam in die begin, maar later allerhande verskonings. Ek het 4 bedstelle bestel en na langer as maand se wag my pakkie gekry. 2 bedstelle was verkeerd en nie wat ek bestel het nie. Ek sukkel nou al weer vir langer as nog 'n maand om die regte beddegoed te kry. Daar is allerhande verskonings van hul is baie besig of hul is agter met bestellings. Al wat ek vra is om die regte beddegoed wat op fotos bestel is, te kry. Na 2 maande se wag sit ek nog steeds met verkeerde bedstelle wat ek nie wil hê nie. Nodeloos om te sê Baumont Bedding lewer uiters swak diens, maar is vinnig om mens se geld te neem. Op facebook is daar ander kliënte wat ook kla oor hul dienslewering. Nooit in my lewe sal ek weer by Baumont Bedding iets bestel nie! Voornemende kopers wees maar gewaarsku.
