1 reviews | Active since Mar 2017

08 Mar 2017, 21:32

Bad service from Battery Clinic in Silverfields.

<p>Aan wie dit mag gaan.</p> <p>Ek wil net graag my misnoee uitspreek met die sogenaamde diens wat die befaamde "battery clinic" lewer. Ek kry die indruk julle lok ons ou pensionarisse met julle add van batterye vir R299 en dis net daar waar julle die **** slaan. Ek sukkel al van verlede jaar November af om een van die batterye te bekom maar julle takke was altyd uit voorraad. Einde Januarie val die geluk my te beurt om een by jul Silwerfields tak te kry. In my noppies ry ek soontoe van net buite Carltonville af en verduidelik aan John wat ek beplan met die battery. Eerstens om led ligte aan te dryf tot my Hyundai Elantra kar reg is en dan gaan die batt na die kar toe. Binne n dag laat die battery my in die steek en kos dis my weer n enorme bedrag brandstof terug na julle toe. Hulle toets die battery en se daar is fout en gee n ander een wat 2 dae hou toe moet ek weer terug ry. Nou kry ek n "loan" batt wat ook nie hou nie. Let wel die kar is deur julle getoets en als is reg gevind. Met die belofte dat ek binne 2 of 3 dae van hulle sal hoor is ek daar weg. Meer as n week later bel EK op my onkoste en word ek deur Kennie gese dat hul my later sal terugbel. Die volgende dag bel ene John my en beskuldig my ek gebruik nie die batt vir die doel waarvoor ek gese het nie, volgens hom is dit net vir ligte. Ek sien toe deur Battery Clinic se plan en se vir John hy moet nie worry nie, ek skenk die R300 plus my ou batt aan hulle en sal ook hul loan battery terug besorg. Hy het nie veel gestry nie en dit so aanvaar wat vir my bevestig dat dit is hoe ou mense uitgebuit word. Ek hoop dat Battery Clinic sal floreer en ryk word en dat almal daar sal gelukkig wees. Tot die wiel eendag draai. Dankie vir julle fantastiese diens wat vir my as oumens niks beteken nie. O ja, my ****ak nr is ********** indien iemand die argument met my wil verder vat. daar is nog n paar goedjies wat ek kan en gaan noem.</p>

0
Replies (0)