1 reviews | Active since May 2016
Wil nie narkotiseer betaal nie, bankmed kliente diens se het nie narkose nodig vir n pyn blok nie.
<p>Ek is 2 Maart 2016 in Bloemfontein Rosepark hospitaal opgeneem en het `n pynblok gekry. Dr I Mouton was die narkotiseer. Ek het `n rekening van hom gekry wat se slegs R307.80 deur medies betaal, pasient skuld R2007.24 Groot was my skok toe ek bel en bankmed se kliente diens se dat hulle voel mens het nie narkose nodig vir `n pynblok in die nek nie. Ek wil net sê dis verbitterlik seer. Wonder of daar enige persoon lewendig sal gaan le vir daardie pyn. Ek voel dis onregverdig en heeltemal verkeerd om te verwag mens moet die narkotiseer self betaal. eerste plek het niemand my ingelig dat die narkotiseer nie betaal gaan word nie. Mens betaal deur ons nekke elke maand vir mediese fondse en dan word ons steeds so uitgemergel. als het bybetalings of word net glad nie gedek nie. Ek wat nie n groot salris kry nie het nie die geld om R2007.24 sommer net so te betaal nie. Ek is op my ma se medies wat bankmed is omdat ek nie my eie kan bekostig nie. Ek kla vandag want regtig wat gaan ons nog moet doen en betaal net om erens in die wereld te kom. Ek wil asb pleit laat julle die saak moet her-oorweeg om my te help. Ek het nou al reeds wel R207.24 betaal maar ek gaan `n ewigheid betaal aan die rekening wat ek voel die medies moes betaal het. En i die vervolg moet julle dit baie duidelik maak wat van enige prosedure julle nie gaan betaal nie. Dit help nie julle gee kodes wat mens nie verstaan nie. se dan daar waarvoor dit is en dit nie betaal gaan word nie en die rede. Ek is opgeneem sonder enige probleme en salig onbewus van narkose wat uitgesluit is. Asb ek vra vir hulp en bystand met my query. Jammer maar dit help nie kliente diens te bel nie, hulle voel niks vir jou saligheid nie en se net jammer jy het nie narkose nodig vir `n pynblok nie. Ek kan nie die geld betaal nie. Ek het dit nie. Die dokters het my oorhandig omdat ek selgs n paar sente maandeliks kan betaal. hulle het gese slegs 3 maande vir betaling. Ja die is `n complaint en ek kla want dis onregverdig teenoor pasiente. Bankmed no: ********** 00 dependant Eliz-Marie Barnard</p>
