1 reviews | Active since Oct 2024
BAKKIE WORLD -KLERKSDORP
Ek woon in Mossel Baai, ek het n t****e handse Mercedes benz by Bakkie World in Klerksdorp gekoop. Die motor het vibrasies gemaak sodra die ratte oor ges***el het tussen 60 en 80 kmh, nietemin was ek gesê om met die motor te ry na Mossel Baai en daar iemand moet kry om te kyk wat fout is, my vrou moes n operasie ondergaan en daar nie tyd was om die voertuig daar in Klerksdorp te herstel nie.. My motor was in gevat na n Herstel Besigheid in Mossel Baai waar dit vas gestel was dat die engine en ratkas rubbers, uit gewerk was wat ook die universals op die propshaft laat uitwerk het. Ulrich die Verkoopsman by Bakkie World het met Emiel (eienaar) die saak bespreek wat onmiddelik opdrag gegee aan die Besigheid waar my motor was in Mossel Baai om die parte te vervang en die rekening aan te stuur na hulle toe, dié voertuig ry nou weer soos n nuwe een. Ek sal enige persoon aanbeveel om met hierdie mense by Bakkie World besigheid te doen. Al was ek duisende kilometers ver van hulle af, het hulle dit ter harte geneem om my motor te herstel op hulle onkoste. Emiel/Ulrich, baie baie dankie vir julle puik diens, dit is voorwaar iets wat mens nie alledaags hoor nie, ek sal weer n voertuig by julle koop. Deur dit vir julle kliënte te doen, sal julle baie vertroue in die publiek kry. Beste groete Fanie
