1 reviews | Active since Jul 2015
DEFEKTIEWE SELFONE
Ek het twee selfone by A-Z Loans gekoop en waarvan ek nog steeds maandeliks betaal soos per ooreenkoms aangegaan tussen myself en A-Z Loans. Gedurende Desember 2014 het ek die Takbestuurder in kennis gestel van die defektiewe fone en sy het my verwys na Thys. Februarie 2015 het ek begin met epos korrespondensie aan Thys en Douw Kruger. Tot op die huidige oomblik het ek een van die fone terug ontvang en is nog steeds defektief. Douw Kruger is absoluut argogant en weier absoluut om die sel fone volgens standard te herstel en/of om my te vergoed. Na vele korrespondensie dat ek die Ombudsman, Media, Prokureurs en ander werhede sal nader vir verdere ondersoek het Douw Kruger steeds 'n arrogante houding en stel die minste daarin belang om die probleem op te los.
