ND
Nadine D

1 reviews | Active since Aug 2019

28 Oct 2024, 11:48

BLY WEG! STAY AWAY!

BLY WEG - STAY AWAY !!! BLY WEG!!!

Oneerlik! Misleidend! Hulle doen besigheid met die naam Autoshine Group maar hulle eintlike naam is Triangle Trailers.

As mens Autoshine Group search kom daar nie veel inligting op nie maar hierdie is die naam wat hulle vir bemarking, kwotasies ens gebruik.Triangle Trailers is ook die naam wat op al die trailer registrasie dokumentasie voorkom en nie Autoshine Group soos op die kwotasie nie. Wanneer mens by hul perseel kom in Vanderbijlpark is al die branding Triangle Trailers en wanneer jy hierdie naam soek is waar al die inligting en slegte reviews opkom.

Voor ons geweet dat hulle naam Triangle Trailers is het ons hulle ge****ak met die belangstelling in 'n skip trailer. Baie vriendelik vinnig om te antwoord en groot op hulle produk aan jou verkoop.

Hulle het ons kwoteer en gese die trailer en 4 skip bins sal binne 1 week klaar wees. Na 1 MAAND se wag, probeer opvolg, talle boodskappe en oproepe nie beantwoord nie, talle lee beloftes van "ons kan die trailer more kry" en dan is hy nie eers reg dae of weke later na die dae wat ons heraaldelik belowe is om hom te kry nie.

Ons ontvang die skip bins met net 'n paar plekke wat vas geweld is, die res van die gedeeltes op die bin is met 'n tipe putty toegesmeer en daar is oor gespray die putty was nog nat en kon met die vinger weg gevryf word

Ons ontvang die trailer 1 maand na wat vir ons gese het ons sal hom kry. Ons ontvang die trailer SONDER batterye wat die trailer moet laat operate, so ons kom die trailer nie toets toe ons hom gekry het nie. Die eienaar het geweier om te ry voordat ons nie die t****e helfte van die kwotasie betaal het nie. Ons moes dadelik betaal sonder dat ons hom eers kon toets.

Ons is gekwoteer op 'n 12 volt sisteem alles included.

Waarna ons op ons eie on kostes oor die R4500 moes spandeer op baterrye en fixtures om die batterye vas te sit. Die trailer was nie gebou met fixtures om batterye eers te kan vas hou nie ons moes dit self doen. Dit is nooit genoem dat die batterye excluding is nie, daar vir ons gese ons moet batterye koop toe ons die trailer ontvang. Daar was 'n vout gemaak en 'n 24 volt hydraulic sisteem is ingesit wat veroorsaak het dat dit duurder kos om 2 sterk batterye in te sit om die sisteem te laat werk. Asook 'n charging sisteem in bou om die batterye te charge.

Na ons die batterye ingesit het en die trailer kon toets, werk die trailer NIE. 'n Skip bin wat leeg is word nie opgetel nie. Dit vat dat ons weer Vanderbijlpark toe moet ry van Pretoria af vir die trailer om reg gemaak te word.

Ons diens ons eerste klient, die trailer tel nie die vol skip reg op nie. Reg voor ons klient! Die trailer trek skeef. Ons wag vir 5 ure in die area waar ons die klient gehad het vir hydraulic mense om te kom kyk wats fout. Na daar vir ons deur die Triangle Trailers/ Autoshine Group gese word dat hulle nie kostes vir die regmaak sal dek nie het niemand inelkgeval opgedaag om ons te kom help nie.

Ons terug gery met die trailer pretoria toe en die trailer is eers 'n verdere paar uur later opgetel. Die volgende dag word ons ingelig dat daar niks fout is met die hydraulics nie maar dat die TRAILER NIE STERK genoeg gebou is nie en dat die trailer 'n ongeluk is wat wag om te gebeur. Ons beloop verdere uitgawes om die trailer te versterk. Die trailer is ook nie gebou dat die skip kan tip nie ons moet alles met die hand uithaal. Triangle Trailers / Autoshine Group het toe vir ons 'n video gestuur van na hulle weer aan die trailer gewerk het en in hulle woorde gese "Die skip is P*** swaar gelaai". Hulle mening was dat dit nie hulle fout is nie dit was ons skuld is.

Hulle below weke nou al dat hulle die battery geld gaan refund maar doen nie, elke datum wat hulle se hulle gaan betaal ontvang ons niks, en weereens wannner ons bel kry ons of weer 'n leun belofte of daar is absoluut geen antwoord of terugvoer nie. Tel geen oproepe op nie en antwoord nie op boodskappe nie.

BLY WEG, hulle jok vir jou! Hulle kom nie reelings na nie, is misleidend en deliver nie die produk wat hulle se hulle gaan nie.

Die trailer het heraaldelik oor die afgelope maand gebreek waar ons op eie onkostes dit moes reg maak. Nie een van die eienaars antwoord wanneer mens bel nie.

DAAR IS GEEN EERLIKHEID NIE! Hulle lieg klaar en lewer swak diens wanneer hulle nog besig is met die trailer maar dis nog erger nadat hulle klaar al hulle geld gekry het!

BLY WEG

0
Replies (0)