1 reviews | Active since Aug 2012
Ontken Aanspreeklikheid van Defektiewe Vakmanskap
'n Insleepdiens het my voertuig geneem na Auto Techniques en hulle het aan my twee kwotasie voorsien vir herstelwerk nl.
1. Vervanging van t****ehandse ratkas - R 18 000 wat nie beskikbaar was nie
2. Herstel en oordoen van Ratkas - R 27 000
Ek besluit om dit te laat herstel en daarvoor betaal. My skoonseun het die voertuig by Auto Techniques gaan haal en onmiddelik gemerk dat dat die enjin liggie op die instrumente paneel aan is. Hy het onmiddelik die hersteller ge****ak en die eienaar het bevestig dat dit seker maar 'n los konneksie of 'n sensor is wat foutief is. Twee motor herstellers in Pretoria het bevestig dat daar foutiewe sensors is en die bedrading daarvan beskadig is.
Om die ratkas oor te doen was dit nodig vir Auto Techniques om die uitlaatstelsel af te haal en noodwendig die sensor drade te ontkoppel. Hulle kon dit net uitgetrek en weer ingedruk het met die terugsit van die uitlaatstelsel. Daar was gevind dat die drade afgeknip was en 'n verkeerde sensor geinstalleer was.
Auto Techniques is aanspreeklik vir hierdie adisionele koste (R2834.11) vir die herstel van die bedrading en die vervanging van die sensor. Hulle weier nou om enigiets te betaal. Vermy hulle dienste