TB
Tania B

1 reviews | Active since Feb 2016

17 May 2016, 14:30

Terrible service

Vroeg in Maart het ek Gustav by Auto Services gaan sien met my seun se Honda Prelude om 'n olie lek reg te maak.

Hy het die kar opgelig op die hyser en my R4500-00 kwoteer om die Crank seel, Cambelt, Balance shaft belt en CV Boots te vervang.

Die crank seel was volgens Gustav die probleem vir die olielek maar hy het aanbeveel dat die ander parte ook vervang word.

Die werk is op 5 April 2016 gedoen en betaal.

My seun wat in die Kaap woon gedurende die week het die week daarna met die kar gery en die naweek huis toe gekom. Baie ontsteld omdat die kar steeds olie lek.

Ek het die voertuig op 26 April 2016 terug geneem sodat Gustav kan kyk of die olielek waar hy gewerk het steeds lek en teen middagete soontoe ges***el om te verneem wat fout is en die motor nog nie by my vrou by die werk afgegee is nie.

Ek is deur Gustav ingelig dat Gordon nie die voertuig gaan laat gaan alvorens 'n bedrag van R495 betaal is nie. Die bedrag is deur hulle gevra om weer na die olielek te kyk. Ek het telefonie onderneem om dit te gaan betaal en gevra dat hul asb. die voertuig vir my vrou sal neem om my dogter by die skool te kan gaan haal, wat hul toe gedoen het.

Gordon het my 'n paar dae later ingelig dat dit R15000 gaan kos om die head gasket te vervang wat volgens hulle nou die olielek veroorsaak.

Ek voel baie ongelukkig dat ek R495 moes betaal om die fout te laat identifiseer sonder dat enige herstelwerk gedoen is. Ek twyfel of die eerste bedrag van R4500 nodig was en of die olielek in die eerste plek verkeerd identifiseer was.

Ek voel beroof en is nie die eerste keer identifiserings kostes gevra nie.

Ek was weer terug na hulle toe om my ongelukkigheid met die situasie op te los asook uit te klaar waarom ek die R495 moes betaal en is deur Gordon ingelig dat hy nie die geld sal terugbetaal nie omdat hy nie 'n Government Association is nie.

Die voertuig was nie die eeste keer afgespuit om te sien waar die lek vandaan kom nie en lek nou meer olie as tevore.

Kry mens geen waarborg vir werk wat deur hul uitgevoer word nie?????

Ek het die Honda Saterdag 14 Mei 2016 en gister 16 Mei 2016 by 'n Motorwerktuigkundige wat jare lank vir Mercedes gewerk het gehad.

Hy het die olielek by die tappet cover diagnoseer.
Die gasket wat daar lek moes deur Gustav hulle verwyder geword het om die "vorige lek" reg te maak en die werktuigkundige het my gewys dat daar steeds ou olie is wat volgens hom beteken dat Gustav hulle nie die enjin skoon gemaak het om in die eerste plek die regte fout te kry nie. Hulle het ook nie die gasket vervang soos hulle moes nie en boude en rubbers is nie volgens standaard terug gesit nie.

Die werktuigkundige het die Honda na Gustav hulle toe gevat om te wys dat hul die oorsaak is van die olielek en gevra dat hul dit moet regmaak. Hul weier.

Ek sien dit as swak vakmanskap asook swak diens. Die feit dat hul ook R15000 kwoteer het vir 'n head gasket wil my ook onder die indruk plaas dat hul daarop uit is om mense wat nie meganiese kennis het nie te beroof.

Die gasket wat hul moes vervang, word nou van Johannesburg af bestel.

0
Replies (0)