BW
Boetie W

1 reviews | Active since Jun 2016

01 Jun 2016, 10:07

Spaarsleutel van voertuig

Ek het Desember 2015 n 320d Bmw motor by Auto Nantes gekoop. Die dag toe ek die voertuig gaan haal het, het ek hul tenvolle betaal vir die voertuig. Toe ek vir die spaarsleutel vra, het Patrick, die verkoopsman my meegedeel dat die sleutel in die kluis is en dat sy bestuurder, Franco, nie op die oomblik daar is om die kluis oop te sluit nie.

Daar is vir my belowe dat dit persoonlik of per courier aan my gelewer sal word. Dit is nou ses maande later en ek het nogsteeds geen sleutel ontvang nie.

Ek het hul elke maand gebel en dan word daar net weer beloftes gemaak en verder kom hul nooit na my terug as ek vra dat hul my op hoogte moet hou van verwikkeling nie.

Ek het nou al n prokureur gaan sien en hy het vir hul albei ge****ak. Die een plaas die skuld net op die ander. Franco het aan die prokureur gese hy is bereid om n sleutel terwaarde van R2500 aan my te voorsien maar die voertuig moet vir n dag by n bmw handelaar wees. Ek het op 31/5/2016 die voertuig na Worcester Bmw geneem en het vir Franco en Patrick daarvan inkennis gestel. Hulle het geensins gereageer nie.

Ek het n kwotasie by bmw gekry vir n sleutel en dit is ook aan Patrick gemail. Hulle het daarvoor gevra.

die kwotasie is R5441.20, so ek weet nie op hoe n manier Franco n sleutel vir R2500 kan bekom nie.

Ek voel net dat hul dien baie onprofesioneel en uiters swak is aangesien hul nie hul beloftes nakom nie.

Auto Nantes Paarl verplig my nou om regsstappe teen hul te neem aangesien ek geen resultate van hul ontvang nie. Ek sal ook almal wat met my praat waarsku om te heroorweeg voordat hul daar n voertuig koop.

0
Replies (0)