1 reviews | Active since May 2022
AUTO FOCUS DEALERSHIP - PATETIESE DIENS
EK het ‘n Volkswagen Golf 7 gekoop by Auto Focus Dealership (Adres: 380 Voortrekker Road, Parow East, Cape Town, 7501) op 11 Desember 2021 en het hulle die motor by my kom aflaai. Op 11 Desember 2021 het my moeder hulle in kennis gestel dat die aircorn nie werk nie, ,asook die drywes kant se spieeltjie is los, die swart op die sunroof is besig om af te dop en iets flapper voor by die scoop. Die finansiele klerk het my moeder terug laat weet dat sy dit so deurgee aan die bestuurder. Sy het my moeder op 12 Desember laat weet dat sy my 08:45 sal s***el die volgende dag(13 Desember 2021. Op 12 Desember 2021 het my moeder die finansiele bestuur ook laat weet dat die verkeersbeampte my afgetrek het en die kar geen lisensie gehad het nie, ook nie ‘n tydelike lisensie nie. Die verkeers beampte kon ook nie optel dat die kar deur Roadworthy was nie. Die finansiele bestuurder het haar weer terug laat weet dat sy haar more sal ****ak.
Op 13 Desember 2021 het die finansiele bestuurder my moeder in kennis gestel dat die motor more oggend(14 Desember 2021) gehaal sal word. Op 13 Desember 2021 het my moeder ‘n lys met al die foute vir hulle deur gestuur. Op 20 Desember 2021 het die finansiele bestuurder ook laat weet dat die dokumente nou eers weg gestuur gaan word om die kar op my/die bank se naam te sit. Ek het die motor terug ontvang plus minus n week na die tyd, die lisensie was steeds nie uitsorteer nie. Op 29 Desember 2021 het my moeder weer navrae gedoen in verband met die lisensie aangesien die tydelike lisensie sou verval. Die finansiele bestuur het laat weet dat sy dit weereens opneem met die bestuurder en sy terug sal kom na ons. Op 04 Januarie 2022 het ons nog geen terugvoering ontvang in verband met die lisensie nie en het my moeder weereens ‘n boodskap gestuur om 9:16 die oggend, om 16:04 het my moeder weereens n voice note gestuur met dieselfde navrae en hulle ook in kennis gestel dat sy hulle kans gee tot Vrydag middag, indien ons nie terugvoering kry nie gaan ons die kar terug bring en moet hulle my ou kar terug gee. Hulle ook in kennis gestel dat ons MFC gaan ****ak in verband met die diens wat ons kry, op 04 Januarie 2022 was die kar steeds nie op my naam nie, die tydelike lisensie het ook toe al die 31ste Desember 2021 verval. Om 17:13 het die finansiele bestuurder ‘n voice note terug gestuur dat sy ons nie terugvoering gegee het nie aangesien sy nog nie terugvoering het nie, hulle het beweer dat die ophou vir lisensie aan Audi se kant is by wie hulle die motor gekoop het en dat daar niks is wat sy verder kan doen nie, haar werk is gedoen en moet ons dit met die bestuurder opneem. Op 14 Januarie het hulle weer die motor kom haal aangesien daar steeds foute op die motor was ,ingesluit ‘n olie lek met ‘n lys van nog foute en foute wat steeds nie reg gemaak is nie . Op 20 Januarie 2022 het ons steeds gesukkel dat hulle die kar net op my naam moet kry, hulle het ons kennis gestel dat ons dit self by Worcester Verkeur moet gaan doen om die kar se lisensie te gaan kry. Op 24 Januarie was hulle steeds besig om foute reg te maak op die kar, vir tien dae weereens sonder n kar. Ons het reeds die saak met die bank ook opgeneem en het hulle 7 werksdae gegee dat al die probleme op die motor uit sorteer moet wees, op 27 Januarie 2022 het my moeder weer navrae gedoen in verband met wanneer die motor sal klaar wees en het sy terugvoering ontvang dat die bestuurder haar sal ****ak. Op 28 Januarie 2022 het ek die motor terug ontvang, steeds nie reg nie aangesien hulle(Audi by wie ek nie die kar gekoop het nie) steeds wag vir ‘n part. Ek het hulle in kennis gestel nadat ek die motor ontvang het dat die lisensie steeds nie uitsorteer is nie en was daar nie eens ‘n tydelike lisensie op die motor nie. Hulle het my terug laat weet dat indien ek enige boetes ontvang vir die lisensie ek dit net op hulle moet sit, hulle sal dit uitsorteer, die lisensie op die motor was steeds die een wat ons hulle voorheen van in kennis gestel het wat einde Desember 2021 verval het. Ek het hulle gevra wat die gebeur as ek in ‘n ongeluk kom wat gaan die versekering se, hy het my in kennis gestel dat die lisensie wel betaal is maar dat hulle nog vir die lisensie skyfie ontvang nie en as daar iets gebeur sal die versekering uit betaal. Die aand van 28 Januarie 2022 het ek hulle ook in kennis getel dat die motor se lig nie reg gemaak is soos in kennis gestel is nie. Op 31 Desember 2022 het hulle weer die motor kom haal, ek het hulle ook in kennis gestel dat die alternator liggie aangekom, hy het my terugvoering gegee dat die alternator liggie aangekom het as gevolg dat die motor nog nie reg gemaak was deur Audi nie, dit is blykbaar die part waarvoor hulle gewag het.
Op 03 Februarie 2022 het ek verneem of daar al enige nuus oor die motor is aangesien ek niks van hulle hoor nie. Hulle het my daarna in kennis gestel dat die motor terug is vanaf Audi en die kar in is vir die dak, wat al op n vorige keer moes reg gemaak gewees het. Op 04 Februarie 2022 het ek weer die motor terug ontvang, dieselfde het ek hulle weereens in kennis gestel met fotos aangestuur dat die motor se foute steeds nie reg is nie. My hoofligte was volgens hulle reg gemaak maar die een lig was wit en die ander lig was geel.
Op 07 Februarie nadat hulle weer nie na my teruge gekom het op 04 Februarie 2022 nie het ek weer navrae gedoen aan verkeie persone daar werksaam, asook die bestuurder en het toe terugvoering ontvang vanaf die bestuurder op 07 Februarie 2022. Die 7de Februarie 2022 het hulle my in kennis gestel dat dit net politoer is wat op die dak vassit en moet die kar net gewas word en met n tandeborsel af gewas moet word, hulle het my ook in kennis gestel dat hulle oorspronklike lig gaan koop by ‘n regte plek. Ek het hom weereens in kennis gestel dat die dak se fout is die verf wat afdop, waarop toe eens bevestig word dat hy dit sien. Op 09 Febuarie 2022 het ek weereens navrae gedoen in verband met die foute op die motor. Op 09 Februarie 2022 het hulle my telefonies ge****ak om kwotasies te kry vir die ligte en die dak. Op 14de het ek hom in kennis gestel dat ek kwotasies sal laat kry, hy moet ook net kennis neem dat ek in n werk sit en nie kan rondry soos ek wil nie. Ek het hom gevra as ek die kwotasies kry of dit dan gedoen gaan word en of daar weer stories gaan wees, ek het hom ook in kennis gestel dat ek by Glasfit was en hulle my gevra het of die kar al by n bakwerke plek was aangesien die voorruit reeds voorheen uitgehaal was. Hy het my terugvoering gegee dat hy my die volgende dag sal laat weet oor die kwotasies. Ek het kwotasies gekry nadat hy my laat weet het om kwotasies te kry, ek het hom in kennis gestel dat ek kwotasies gekry het en ek die kar by Worcester Volkswagen gehag het vir die lig en dat Worcester Volkswagen my in kennis gestel het dat die radiator lek. Ek het die kwotasies aangestuur, en gaan hulle die lig en die dak se gelde in my rekening in betaal sodat ek dit kan laat regmaak. Hy het ook my in kennis gestel dat hulle nie die ruit gaan laat regmaak nie aangesien die kar so deur roadworthy is en ek moet onthou dit is n 2013 model kar. Dit was op vorige foute reeds aan hulle geoem en is daar nie vir my in kennis gestel dat hulle nie die voorruit gaan regmaak nie.
Op 02 Maart 2022 stuur ek my bank besonderhede vir hom aan soos hy versoek het en noem ook vir hom dat die schoopie wat voorheen al reg gemaak is weer af is, ek stel hom ook in kennis dat hy vir die bank se dat ek en hy gepraat het en hy se dat ek se die kar is reg motorgewys, ek het hom in kennis gestel dat hierdie probleme nie motorgewys is nie maar fisiese probleme op die kar, daarop het ek weereens geen terugvoering ontvang vanaf die bestuurder nie. Op 07 Maart 2022 weereens navrae gedoen vir enige terugvoering, die middag het hy terugvoering gegee nadat ek weereens navrae gedoen het en hy terug laat weet het hy sal nou laat weet, hulle admin dame is nie in nie. Hy het my toe laat weet dat hulle vir my paar blou bulbs gekry het en hulle dit gaan koerier na my en ons dit moet laat insit, hulle gaan net die betaling van die dak vir my in betaal. Ek het hom gevra wie gaan die insit van die bulbs betaal en wat van die radiator wat lek. Ek het gese dat dit reg is vir die betaling van die dak en het ook verneem of dit oorspronklike bulbs is en of daar waarborg op is, ek het hulle gese dit moet original blou ligte wees. Hy het my terugvoering gegee dat dit oorspronklik is en moet ek die kar weer vir hulle gevat word dat die kar na Audi moet gaan vir die radiator. Ek het steeds nie die bulbs of die oorbetaling vir die dak se regmaak ontvang nie… Op 15 Maart 2022 was ons in die kaap by hulle kantore, ek het hulle in kennis gestel dat die motor steeds nie reg is nie, hy het gese Worcester Volkswagen is te duur en hy dit in die kaap gaan laat doen. Ek het hom gevra of hy nie die motor kan terug koop by my nie, hy het my in kennis gestel dat hy die kar kan terug koop maar nie vir dieselfde prys nie, daar is nou km’s op die kar gesit, waar ek hom In kennis gestel het dit is van kaap toe en terug vir foute op die kar. Hy kon of wou my ook nie ‘n prys gee nie. Hy het my gevra nog vir een laaste kans sodat hy die motor 100% reg kan kry, nadat ek hom gese het ek gaan hulle by die ombudsman aangee. Ek het hulle weereens kans gegee om die kar 100% reg te maak… Ek het hom in kennis gestel dat ons die 13de April 2022 see toe gaan en dat ek die motor terug soek wanneer ons see toe gaan. Hy het bevestig dit is reg ons sal die kar terug he die 13de, die middag 12uur. Ons het hulle ook in kennis gestel dat ons ‘n ver**** van Audi af soek wat alles op die motor gedoen is, hy het bevestig dat hy dit sal saam stuur.
Die 2de April 2022 het hulle weer die motor kom haal nadat hulle die 01ste April 2022 n epos gestuur het om te bevestig wat hulle alles gaan regmaak op die motor. Op 12 April het my moeder weereens navae gedoen aan verskeie persone om te verneem of ons die motor nog gaan terug kry op 13 April 2022 soos daar belowe is op 15 Maart 2022. Na vele oproepe vanaf my en my moeder antwoord die bestuurder nie sy foon nie terwyl hy online wys op wattsapp. Ons het toe terugvoering vanaf die finansiele klerk aangesien ons ons weer na haar gewend het vir terugvoering en het sy ons in kennis gestel dat Audi wag vir ‘n part, daarna sal die bestuurder ons laat weet of die motor betyds sal reg wees. Ek het nooit my motor ontvang die 13de soos deur hulle bevestig nie, my moeder het hulle n boodskap gestuur dat hulle dit op skrif moet sit dat indien ons in ‘n ongeluk kom met die maatskappy motor dat hulle ons nie verantwoordelik sal hou vir enige bybetaliings nie. Die finansiele dame het weer terugvoering gegee dat sy niemand in die hande kry nie, maar as hulle dit mondeling gese het is dit regso ons moet nie ons daaroor bekommer. Gelukkig het niks gebeur nie anders was die complaint nog langer.
Op 29 April 2022 het ek weer ‘n voice note gestuur aan die bestuurder dat dit nou 27 dae later is en ons niks van hulle hoor nie en niks weet wat met die motor aangaan nie. Die 29ste April na navrae toe ontvang ek my motor weer terug, steeds foutief. Op 30 April 2022 het ek hulle weer laat weet van foute steeds nie reggemaak , die backboard is nog nie reg gemaak nie, daar is steeds ‘n stuk op die dak wat afdop, die ligte sal ek die aand laat kyk, het hulle ook in kennis gestel dat ek soos al die ander kere verloor op die petrol, hulle kom haal hom driekwart en kry ek hom kwart terug. Ek het hulle ook in kennis gestel dat elke keer as hulle my motor kan haal hulle plus minus 400km op die motor bysit en het ek die bewyse vir hulle aangestuur. Die middag van die 30ste April 2022 kom daar ‘n boodskap om motor battery low en rapporteer ek dit weer by hulle. Die 2de Mei 2022 het ek hulle in kennis gestel dat die ligte nie korrek is nie, ek kan net ‘n motor lengte voor my sien, ander motors kan nie eens sien as my brights aan is nie. Op 02 Mei 2022 het ek weer navrae oor die battery ook gedoen. Ek het ook verneem waar die ver**** is wat hulle bevestig het ek sal kry wanneer ek die kar terug ontvang. Op 04 Mei 2022 het ek weer gevra vir enige terugvoering, het terugvoering ontvang dat die kar reg was toe die kar by hulle was en my ook in kennis gestel dat dit gebeur as daar musiek gespeel word of die ligte aan gelos word as die kar af is, dit is nie my eerste kar nie, ek is seker daarvan ek weet dit. Ek het weer navrae gedoen oor die ligte en die motor se backboard, geen terugvoering ontvang daarop nie.
Op 07 Mei 2022 was ons die naweek by die see, het hulle in kennis gestel dat die motor nie wil start nie die battery is pap, die battery kan ook nie charge nie, daar is ‘n short op die battery, ek het ook ‘n foto gestuur van die radiator waar ‘n motorwerktuidkundige my in kennis gestel het dat daar ‘n lek op radiator is. Weereens geen terugvoering… Op 09 Mei 2022 het ek weer ‘n boodskap gestuur vir terugvoering,ek moes self ‘n plan maak om weer by die huis in Worcester te kom, weereens navrae gedoen oor die ligte, die backboard en weereens die ver**** van Audi aangevra. Geen terugvoering…
Op 13 Mei 2022 weereens gevra vir terugvoering, asook die ver**** vanaf Audi. Weereens geen terugvoering… Op 24 Mei 2022 het ek weereens navrae gedoen, weereens geen terugvoering. Tot op hede nog geen terugvoering ontvang oor die ligte, die battery, die backboard, die ver**** vanaf Audi, die lek op die radiator. Ek het ook aan hom genoem dat die motor nie meer afsit as jy stop op die robot of stop nie, weet nie of dit as gevolg van die battery is nie. Vandat ek die motor gekoop het was die motor vir ongeveer 49 dae terug by hulle kantore om foute reg te maak wat nou nog nie reg is nie, dit is wel nie n nuwe motor nie maar dit is ook nie ‘n goedkoop motor nie, ek moet vir ‘n motor betaal wat ek nie eens het om mee te ry nie en kom die motor elke keer met meer foute terug as waarmee hy gegaan het. Die diens is pateties om dit so te stel, nadat die koop deur is en die geld in hulle bank was het die terugvoering by die dag minder geraak totdat dit tot nou op geen terugvoering uitgeloop het…
Marlee Nel - ***
Marlee Nel - ***
