ES
Elmien S

1 reviews | Active since Sept 2020

07 Sept 2020, 12:30

Auto Basic Traders - Big ***** in Vehicle Sales

Ek koop n Ford Ranger April 2019. Die bakkie breek binne 3 dae nadat foute op die voertuig binne een dag aan Andre Botha van Auto Basig Traders uitgewys is. Na baie eposse en leuens vanaf eienaar neem ons die saak na Moisa waar ons betaal sodat Moisa n onafhanklike ver**** kan bekom rakende die foute op die bakkie. Moisa bevind dat die eienaar van Auto Basic Traders bewus was van die foute voordat die bakkie aan ons verkoop is. Moisa beveel eienaar om ons bakkie te vervang. Nie te herstel nie. Aanvanklik stem Andre Botha in om die bakkie te vervang maar stuur na twee weke epos dat dit hom te veel geld gaan kos. Die saak moet maar na die NCC verwys word. Verder dreig hy ook dat hy ons lank gaan besig hou met die saak. Dit was September 2019. Oktober 2019 maak ons n saak oop by die NCC. Alle ondersoeke is reeds gedoen en moet die NCC net die saak met Andre Botha op neem en verdere uitsluitsel gee. Na vele eposse, oproepe en besoeke aan die NCC is dit 11 maande later en is die bakkie steeds nie vervang nie. Auto Basic Traders is n baie oneerlike agentskap. Andre Botha wat die eienaar is word keer op keer uitgevang dat hy lieg.

0
Replies (0)