1 reviews | Active since Feb 2018
Die persoon wat my gehelp het om my polis te hersien 5 sterre, sy het uit haar pad gegaan
Hi Ricardo
Ek was verras om jou e-mail adres op julle web te sien.
Ek is seker jy lees of kry nie hierdie e-mails nie iemand anders hanteer dit.
Hier is my storie:
Op 23 desember 2021 ry 'n jong seun in my motor vas terwyl ek doodstil staan ek moes hom 'n paar klappe gegee het maar ek het nie, Hy het met sy pa se Toyota bakkie gery. Hy het geweier om met my te praat tot sy pa op die toneel kom. (Wat nie gebeur het nie) . Ek het daarin geslaag om die nommerplaat, lisensie skyfie en sy bestuurslisensie af te neem.
Die ongeluk was op die dieselfde dag gerapporteer. Verw. AR No 78/12/21 Norkem Park Polisie stasie. Saak by jou firma op 24 Desember 2021 gerapporteer.
My motor was weggesleep deur First Help op 30 Desember 2021 na 'n onbekende besteming. Ek het weer jou firma ges***el (Carlin) en uitgevind die kar sal op 3 Januarie 2022 na Renew Randburg gevat word nadat dit in 'n werf iewers gestaan het,
Jou assessor sou die Dinsdag 04 Januarie 2022 die motor ondersoek waarna n kwotasie gedoen sou word en dan afgeteken word.
Nou die beste deel daai kwotasie is nog steeds nie afgeteken nie omdat daar nog goedkeurings moet gebeur. (Vandag 17 Januarie 2022). Ek het seker al twintig oproepe gemaak maar kon nie regkom nie..
Die paneelkloppers het foto's en dokumente gemail na Renato assessor laasweek Donderdag (13 Januarie 2022) Maar raai wat niks het gebeur nie want hy is het op verlof gegaan 12 Januarie 2022). Ek wou met n bestuurder praat vandag en ek is verwys na Manie Boshoff. Ek het 5 oproepe gedoen en aangehang vir ure net om ingelig te word met die laaste oproep dat hy ook op verlof is. 'n Anthon het my gebel en gesè dat hy sal Juluis vra om optevolg. Dit is gedoen en Anthon het weer gebel en gesê die paneelkloppers se foto's is swak en hulle kan niks sien nie. Ek bel toe die Paneelkloppers en praat met Gabriel en sê dit vir hom. Hy was verbaas en gesê hy was nie bewus van Renato wat nie daar is nie??? Nou daar is nog nie met my motor begin nie en ek gaan Maandag 24 Januarie 2022 weg sonder 'n motor.
Ek is biitter ontsteld en ongelukkig want my geld word vinnig gevat en as ek laat betaal word die polis gekanselleer maar Outo en General kan hulle tyd vat.
Na twee weke geen kwotasie nie?
Graag verneem ek van u.
Frikkie Enslin
Raai wat wag nog steeds vir my kar.
We acknowledge receipt of your complaint.
Our team will be in contact with you to discuss your concerns.
Kind Regards,
The Auto & General Team
We acknowledge receipt of your complaint.
Our team will be in contact with you to discuss your concerns.
Kind Regards,
The Auto & General Team
