1 reviews | Active since May 2011
"Boereverneukers" - Virseker!!!
"Virseker vir “Afrikaans Sprekendes”! Ge-ondersteun deur Solidariteit en Auto & General"
Wat ’n “nare” stelling om te maak waneer “Afrikaans Sprekendes” uitgebuit word, bedrieg word en belieg word deur dié sogenoemde Virseker - Versekering vir Afrikaans Sprekendes!
Drie jaar gelede het ek oorges***el na Virseker/Solidariteit/Auto & General, vir beide my wonings en voertuie versekering.
Gedurende April 2020 het ek met Virseker ges***el om vas te stel of daar ’n moontlikheid is in die vermindering van my huidige premie van R6489-00.
Ek was ingelig dat hulle, Virseker/Solidariteit/Auto & General, daarna sal kyk en my terugvoering laat kry. ’n Paar dae later het ek ’n gewysigde skedule ontvang, met ’n premie vermindering na die van R5858-00.
Daar dié geen noemenswaardige vermindering in premie was nie, het ek begin om kwotasies van ander versekering instansies in te win.
Tot my verbasing was van die ander instansies se premies amper 50% minder as die van Virseker/Solidariteit/Auto & General!
Ek s***el toe weer vir Virseker/Solidariteit/Auto & General en noem vir hul Bestuurder dat ek premies van tot en met 50% minder ontvang het van ander instansies. Dieselfde dag nog ontvang ek ’n gewysigde premie van Virseker/Solidariteit/Auto & General, vir ’n maandelikse bedrag van R3742-00!
Op navraag van waarom nou die groot vermindering in premie is ek meegedeel, deur die Bestuurder by Virseker/Solidariteit/Auto & General, dat my huidige versekering deur ’n “Makelaar” gehanteer was, daar die verhoogde premie. Ek het die skriftelik betwis en wag nog steeds op die Bestuurder se “antwoord”.
Ek het ook intussen ’n skrywe aan die Uitvoerdende Hoof van Virseker/Auto & General gerig waarin ek aan hom uitgewys het hoe sy Bedryf “Afrikaans Sprekendes” verneuk! Ek het sovêr gegaan om die “Afrikaanse Term” -“Boerenerneukery” te gebruik! Tot datum het ek ook nog geen terugvoering van Mnr Ricardo Coetzee, op my eposse en telefoniese boodskappe ontvang nie.
Kommentaar van Mnr Dirk Herman, Solidariteit, word ook nog ingewag!
Ter sluiting, ek betaal tans ’n premie van R2306-00 by “Discovery Insure” en raai almal aan wat tans by Virseker/Solidariteit/Auto & General is, hersien hul versekering, daar ek jul kan waarborg julle word “ingedoen” deur Afrikaner Versekeraars!
Dankie vir jou terugvoer. Ons sal jou ****ak om die aangeleentheid te bespreek. Groete, Die Virseker Span.
Dankie vir jou terugvoer. Ons sal jou ****ak om die aangeleentheid te bespreek. Groete, Die Virseker Span.
Ons bevestig dat ons die saak met jou bespreek het. Soos versoek het ons n skrewe aan jou gerig om die uitkoms te bevestig.
Dankie vir die tyd wat jy geneem het om die saak te bespreek.
Vriendelike groete,
Die Auto & General Span
Ons bevestig dat ons die saak met jou bespreek het. Soos versoek het ons n skrewe aan jou gerig om die uitkoms te bevestig.
Dankie vir die tyd wat jy geneem het om die saak te bespreek.
Vriendelike groete,
Die Auto & General Span
