1 reviews | Active since May 2020
Dankie
Graag will ek die publiek vertel van my posetiewe ervaring by Athalia uitreik. Ek woon nou al amper twee jaar in een van Athalia uitreik se huise gelee te Wilgehof, Bloemfontein. Twee jaar terug het ek deur n donker tyd in my lewe gegaan, maar toe kom Ans Coetzee oor my pad. Sy het my geleer hoe om uit my donker gat te kom met die hulp van die Here. Ek het weer n mens geword en ek het so baie by Athalia Uitreik geleer, ek het ook die voorreg gehad om te sien hoe die Here in Athalia werk. Dit vat n regte yster vrou om deur al die kritiek steeds posetief te bly. Ek wil graag vir Ans Coetzee se personneel ook dankie se dat julle ons inwoners altyd met liefde en deernis behandel. Dankie Ans Coetzee vir al jou liefde en omgee, ons by Athalia uitreik is baie lief vir jou.
