1 reviews | Active since Feb 2017
Slegste diens ooit!!!!
Ek het 1 Oktober 2024 banke by ASW leather and kitchen Furniture bestel en dadelik klaar alles moes betaal, na belowe is 12weke se wag het ek wel eers die 2de Januarie 2025 my banke ontvang. Hier aangekom is die een leerbank vol merke en vlekke, die nate van die kussings is mis gestik en trek los. Ek het hulle dadelik ge****ak en gese dis onaanvaarbaar, waarop gereageer is en belowe is om dit dadelik te vervang. Regdeur 2025 is daar 100de beloftes gemaak, verskonings van hulle is besig tot die banke staan gereed om gelaai en afgelewer te word. Toe begin die verskonings dat aflewering maatskappy hulle aan n lyntjie hou! Dis nou langer as n jaar. Geen mens kom terug na mens nie. Dis regtig uiterse swak diens en ek sal geen mens aanraai om enige besigheid met hulle te doen nie. Ek sou my doodskaam as dit die diens was wat my maatskappy moes lewer!
