RB
Ruthger B

1 reviews | Active since Jun 2011

17 Apr 2015, 10:40

Bedrieglike en vals uitstaande bedrag!

Ek het 1 Junie 2013 die fout began om by APCAN risk management aan te sluit as sekuriteit vers******.<br> Aanvanklik was die diens goed, maar dit het algaande verswak tot 6 Desember 2014. Daar is die nag by my garage ingebreek. Ongeveer 02:30 bel die persoon in hul oproepsentrum my en vra of hulle moet uitgaan. Ons was die naweek nie tuis nie en my sweismasjien is gesteel. As die alarm in die middel van die nag afgaan gaan jy dadelik daarheen en bel nie eers nie! Gelukkig was dit al wat gesteel is! Die afgelope tyd is daar volksvreemdes in hul oproepsentrum en reaksiewagte wat weier om my in Afrikaans aan te spreek. Ek het besluit om nie meer hul swak diens te gebruik nie! <br> Nou dat die diens be-eindig is beweer hulle dat ek R960.30 skuldig is, terwyl geeneen van die maandelikse state dit aan dui nie! Inteendeel skuld hulle ons geld wat hulle oor verhaal het toe ons van ABSA na FNB oorgegaan het. Ek het hul gevra om my te wys watter maande is hul nie betaal nie, sonder enige sukses! <br> Die bestuurder het my met 'n dreigende houding gebel en beskuldig dat ek hulle geld skuld. <br> Dit is uiters laakbaar om so op te tree en sulke swak diens te lewer!

0
Replies (0)