1 reviews | Active since Feb 2017
UITSTEKENDE DIENS
<p>My huis se geyser het Maandag 17 April in die vroeë oggendure gebars. Ekhet kuiermense van Gauteng gehad en in 'n desperate poging vir Apbco in Pretoria ges***el. Omdat dit 'n vakansiedag was, het ek nie veel hoop gehad dat ek gehelp sou word nie. Ek was verbaas toe die telefoon baie vriendelik en professioneel geantwoord was. Christene het onmiddelik die eis vir my gerigistreer en die loodgieter het vinnig aandag aan die saak gegee en die nuwe "geyser" geinstalleer. Die diens wat Christene gelewer het moet die nodige erkenning kry. Dit is fantasties om so flink en professioneel behandel te word. Naude konstruksie wat aangewys was, om die installasie te doen, was net so professioneel. Nadat hulle die werk voltooi het, het Diaan en Andries die area waar hlle gewerk het, mooi skoongemaak. Dit is verblydend om te weet dat daar nog instansies is wat ingestel is op flinke en professionele diens. Ek sal uit my pad uit gaan om Apbco in Pretoria en Naude konstruksie in Kroonstad aan te beveel.</p>
