DD
DJ D

1 reviews | Active since Feb 2017

04 Feb 2019, 14:34

SWAK DIENS

Apbco is geensins ingestel op kliëntediens nie. Hulle en die assesorwaarvan hulle gebruik maak was vinnig om my in kennis te stel dat my motor afgeskryf is. Dit was op die 8ste Januarie 2019. Sedertdien wag ek vir die uitbetaling en Apbco is min gepla dat ek nie 'n motor het nie. Vanmiddag (4 Februarie), nadat ek al vier eposse gestuur het en weer oproepe moes maak, word ek in kennis gestel dat ek tot Woensdag ( 6 Februarie) moet wag. Dit is 'n duidelike bewys dat die gewone man op straat maar net 'n nommer is. Verder is daar 'n premie aanpassing op my polis gemaak, sonder om my dienooreenkomstig in te lig. Die gewysigde polisskedule wat ek aangevra het is ook nie aan my gestuur nie. Wanneer die kliënt moet betaal, word dit per debietorder verhaal, maar wanneer die kliënt uitbetaal moet word, moet hy was. Dit is SWAK DIENS en ONAANVAARBAAR.

0
Replies (2)
Apbco
Apbco's reply18 Aug 2020, 10:15
Official
Ons klient se eis was suksesvol afgehandel na intervensie deur sy makelaar
Apbco
Apbco's reply18 Aug 2020, 10:16
Official
Ons klient se eis was suksesvol afgehandel na intervensie deur sy makelaar.