DA
Dora A

1 reviews | Active since Jan 2024

08 Jan 2024, 15:44

Bad service

Goeie middag almal Ek is nie seker of dit die regte blad is vir my nuus/ongelukkigheid nie

My pa het die 11de Des afgesterf op n maandag,14 jaar was hy lid van Anrè begrafnisdienste, getrou hulle premies betaal Wat n skok het ons gekry,treurige diens ..na 14 jaar ontdek my ma dat die nie regtig n polis is nie maar as n spaarplan gesien kan word ..jy betaal alles met die geld wat jy betaal het op n karige premie ,al die mooi beloftes daarmee heen van gemoedsrus .. Ons wou dieselfde week begrawe en hulle se hulle kry eers die donderdag my pa se liggaam..Ons kon eers die maandag met bestuurder in aanraking kom want dan was sy eers beskikbaar. Die maandag verneem ons na ñ week ,hulle gaan eers dai dag sy dood registeer, hulle gee ons n kwitasie vir meer as R20 000 En ons doen onmiddelik navraag en besluit weet julle wat julle diens is swak ons besluit op Avbob wat ons onmiddelik help vir baie goedkoper en daar dring Anrè begrafnisdienste aan op n R8000 voor hulle my pa se liggaam oorgee,Ons betaal toe die R8000 om my pa n waardige afskeid te gee wat hy verdien..en hulle het my arme ma die heeltyd agter hulle laat aanry en presies 3 weke laat wag vir uitbetaling en baie minder as wat eis moes wees..asook die cashback is terug gevat.. Asb mense gaan terug kyk wat julle polisse alles insluit want my ouers is oor die 70jaar oud en gedink hulle polis is n goeie een .. Wat van mense wat nie kinders het om dai tipe gelde te betaal om n geliefde te begrawe nie Maar vir Anrè begrafnisdienste..Sal ek glad nie aanraai nie ..ek soek graag hulp om dit verder te vat ..as jy nou van inloop praat.. Baie dankie dat ek my misnoe hier kon uitspreek..mooi dag..

0
Replies (0)