1 reviews | Active since Apr 2013
NO SERVICE and NO REPLY
Aramex
WAYBILL DBP***
Hiermee wil ek my absolute misnoeë uitspreek teenoor u maatskappy en diens.
Ek het u maatskappy nog ‘n kans gegee, aangesien ek in die verlede van u dienste gebruik gemaak het ten opsigte van ‘n tender dokument wat te laat afgelewer was.
WEER EENS het dieselfde gebeur. Ek het op 3 Mei die TENDER DOKUMENT by u kantore in George afgegee. Dit “waybill” was baie duidelik gemerk en ek het ‘n groot A4 bladsy ook getIk wat duidelik aandui die adres, tyd en datum en dit by die “waybill” ingesit sodat dit duidelik sigbaar is. Dit was ‘n tender dokument vir die Korrektiewe Dienste in Knysna, waarvan die waarde R200 000.00 is. Die dokument moes voor TIEN afgelewer geword het op 6 Mei 2019, soos BAIE DUIDELIK AANGEDUI WORD op die waybill en getikte papier en soos u op webtuiste adverteer dit is die diens wat u lewer, wat absoluut VALS is! U kantoordame het my gister middag kwart voor vyf ges***el om mee te deel dat die dokument nie betyds afgelewer was nie.
Dit neem baie tyd in be**** om sulke tender dokumente voor te berei en dit is uit die aard van die saak my besigheid en ek is afhanklik van die inkomste uit sulke tenders. Ek het nou die kans verloor DEUR U MAATSKAPPY SE TOEDOEN om ‘n inkomste te genereer TER WAARDE VAN R200 000.00
Hiermee word u versoek om my asseblief in kennis te stel hoe u my verlies van inkomste gaan dek ter waarde van R200 000.00 en moet asseblief nie weer slegs vir my sê soos die vorige keer dat u jammer is en u niks daaromtrent kan doen nie.
Die GEORGE TAK lewer UITERSE SWAK DIENS EN EK EIS VERGOEDING.
Ek sal ook u maatskappy aan niemand aanbeveel nie en gaan dit ook aanmeld by Hello Peter.
Hiermee word u versoek om die tender dokument aan my terug te besorg.
Die uwe
