1 reviews | Active since Jan 2011
Excellent service in replacing wooden with aluminum windows and doors
Name & fame: Johan van Aluwood - Windows & Doors- ek't op Eks van die Ooste groep vir verwysings gevra van mense wat reeds deur die proses is om hele huis se hout met aluminium vensters te vervang. Ekt die ****rakteurs gekies wat die meeste mense aanbeveel het om kwotasies te gee en toe vir Johan uit die 3 gekies. Hy was verseker nie die goedkoopste nie, maar sy kennis, eerlikheid en ervaring het my beindruk. Hulle het ook hulle eie fabriek en kon aluminium arches custom make, wat sommige ander nie kon doen nie. Beste besluit ooit! Hy sak toe op jou huis met 3 spanne, almal is ge"brief" en verstaan wat sy rol is. Als is wel deurdag, hy het tonne ervaring. Hy het die mooiste verhouding met sy werksmense. Die manier waarop hulle die rame insit is regtig innoverend. Houtdeurrame word uitgebreek en los opviously groot gate wat dan weer gepleister en geverf moet word. Hulle pleister wel en plaas dan aluminium strips op die onooglike gedeeltes sodat omtrent geen verdere verfwerk nodig is nie 3 dae toe is hulle klaar met my hele huis. Hulle verwyder al die rommel, maak skoon waar hulle gewerk het en is uiters betroubaar.Net so aangenaam om met Marnia by hulle kantoor te deel - ***. Alles gebeur soos klokwerk! Ek kan hulle ten sterkste aanbeveel. Dit was soos n berg voor my en nou voel dit of ek n nuwe huis het!!
