1 reviews | Active since Dec 2018
Slegte dier versorging
Ek is so bitter ontsteld vandag. Mense moet nie julle troeteldiere na Allens Nek Dierehospitaal in Roodepoort vat nie veral as hulle siek is met blaas ontsteking ens wat jy nie kan sien nie. Hulle sal hom nie oordentlik help of versorg as jy nie baie geld kan betaal nie. Ek.moes dadelik R2000.00 betaal as deposito, en nog R583.00 na 2 dae wat hy daar gebly het. Toe ek hom gaan haal het was so on****er en vuil en al die stories wat elke persoon jou vertel. Ek moes hom ongelukkig terug vat na n dag omdat nie eens hul medisyne gehelp het nie. Ek moes hom terugvat omdat hy erger geword het en gevra hulle moet dit nou uitsort omdat hulle weet wat sy probleem is. Dit lyk my alles gaan net oor hoeveel geld jy kan gee dan sal hulle worry oor jou troeteldier. Ek was gister aand soontoe om self te sien hoe dit met hom gaan en was geskok oor sy toestand, al die leuns wat vir my oor die foon vertel is en as die Dr. Jou nie wil laat praat en bra brae nie, moet ky weet daar is n slang in die hras, en vanoggend laat weet hulle my net jammer hy het dit nie gemaak nie. R3083.00 later en my katjie het nooit huistoe gekom nie. Lyk my die passie om diere gesond te maak is nie meer daar nie, net gulsugheid om ryk te word deur ander se hartseer. Wees versigtig waarna toe jy troeteldiere vat. Die het alles in 1 week gebeur, 3 verskillende veeartse en nog kon hulle hom nie regkry nie. Ek se nog steeds die skade was al gedoen aan hom daai 1ste dag toe ek hom soontoe gevat het.
