1 reviews | Active since Nov 2011
UNFAIR TO A WWOMAN OF THE AGE OF 74 YEARS
Daar was aangevra vir 'n beëdigde verklaring van Alexander Forbes. Die verklaring was gedoen, en aangestuur, soos versoek. My skoonma was getroud met die oorledene en tydens sy heengaan was alle kinders reeds self onderhoudend. Hier word gepraat van oor die 30 jaar. Na sy afsterwe het sy alle ****ak met al sy kinders verloor en nou wil hulle al die name hê en weet wie afhanklik was van hom tydens sy afsterwe. Tydens sy siekte was hy nie in staat om te werk nie. Sewe (7) kinders of meer is hier betrokke. Sy, my skoonma het geen inligting of adres om te voorsien waar die kinders hulle huidiglik bevind nie. Geen name of ID nommers is tot haar beskikking nie. Alexander Forbes weier dus om enige gelde aan haar uit te betaal. My skoonma is 74 jaar oud, wat dit onregverdig maak om te smeek vir gelde wat haar wetiglik toekom, daar sy wettiglik met hom getroud was. Is daar dalk enige raad of n manier wat u kantore kan doen om haar te hulp te snel. Dit wil voorkom asof hulle onnodiglik voete sleep om hulself te verryk. Ek konstrateer die feit dat ons hier praat van n 74 jarige, wat n lewe probeer maak uit n pensioen. Regtig ek het meer van hulle verwag as om dit vir haar so moeilik te maak. Help asb. Die dame waarmee ek onderhandel of e-mails stuur is 'n ene Tennille Alexander Senior administrateur. Is daar enige iemand hoër op wat ons met hierdie netelige saak kan help om dit af te handel. Hy is al in 2004 oorlede. Sy is deur Alexander Forbes genader om te sê dat daar nog gelde aan haar uitbetaal moet word.
U hulp in die verband sal waardeer word.
Margaret **********
Ons ondersoek hierdie aangeleentheid en sal met u ****ak maak met die besonderhede wat u verskaf het.
Vriendelike groete
Bengy Marais
Ons ondersoek hierdie aangeleentheid en sal met u ****ak maak met die besonderhede wat u verskaf het.
Vriendelike groete
Bengy Marais
