SK
Savannah K

1 reviews | Active since Oct 2024

18 Oct 2024, 18:08

STAP IN DIE REGTE RIGTING

Ek het my vorige review gelos agv verskeie slegte ervarings wat ek gehad het tydens die afgelope paar maande wat ek by Akademia swot. Dit was die een ding na die ander en het moeg geraak. Niemand wou my ooit behoorlik help nie maar Susan O’Reilly het die ervaring vir my verander. Sy het my gehelp, ondersteun en die probleme aangespreek wat ek ervaar het. Ek voel Akademia het wel nog ‘n ver pad om te stap en hulle moet nog baie probleme aanspreek soos gelos in my vorige review. ‘n Mens betaal baie geld om daar te swot en ‘n privaat instansie word teen hoë standaarde gemeet. Susan het my probleem met gesag hanteer en so ook vinnig. Die is ‘n stap in die regte rigting en hopelik kan dit so aanhou.

0
Replies (0)