AB
Andries B

1 reviews | Active since Jul 2023

04 Jul 2023, 13:19

Nie die moeitewerd nie

Moet nie dink jy kry beter diens of beter onderwys nie. Al my vriende wat by ander plekke soos UNISA studeer is beter af en dit is baie teleurstellend.

1. Mens kry nie terugvoer op probleme nie dit word net gesien as jou eie fout of jou problem (daar is baie). My ma het hulle prober ****ak en gevra om te help en die vrou wat my ma gehelp het was vreeslik ongeskik nadat my ma ongeduldig geraak het want die inligting wat die vrou haar gee raakende die problem maak nie sin nie, my ma was toe die een wat onverskooning gevra het. Daar is nie iets soos kliente diens nie. Van die probleme wat ek ondervind is: waar mens doktersbrief in stuur vir n toets en hulle reageer nie op dit nie, ek moes wag vir Solidariteit om Akademia en Wisebooks te betaal voor ek my handboeke kon kry, Solidariteit kon nie uitbetaal voor hulle nie n invoice ontvang van Akademia af nie. Ek het my boeke eers in Maart ontvang waar ek een assignment nie kon doen nie want ek het nie n handbook nie en dit is die een dosent wat niks in Afrikaans vir jou vertaal of n presentation gee wat vir jou inligting gee nie. Ek het nie die assignment gedoen nie. Daar is nog n hele paar goed wat ek kan noem maar bly maar eder weg van Akademia af. 2. Die handboeke wat mens teen duurste moet koop is in Engels so al die dosente translate dit basically in presentations wat dan help maar daar is een vak wat die dosent niks sulke moeite doen nie en die Afrikaans is so hoog mens verstaan die engels dan eindlik beter maar die assignment is in Afrikaans. Ek verstaan dat die handboeke gaan in Engels wees maar dan gee hulle jou 10min vir n assignement wat jy nog moet engels na Afrikaans vertaal. Meeste van die handboeke is onnodig. 3. Ek het n leening by Solidariteit gekry vir my studies en handboeke, Solidariteit betaal dan Akademia volgens hulle invoice. Nou kry ek n rekening van agterstallig gelde maar Solidariteit het hulle klaar betaal.

Ek is baie spyt ek het by hulle begin studeer hulle is duur teenoor die engelse colleges/universiteite en gee regtig niks beter of uitsonderlik nie. Hul hanteer mens nie baie goed nie en ek het n vrees dat iemand van Akademia my gaan ****ak en ongeskik met my gaan wees want dit is die ondervinding wat n paar ander mense ondervind het.

As ek kon het ek my studies kanseleer en geskuif na n ander plek toe maar finansieel kan ek dit nie bekostig nie.

Ek het die replies op Hellopeter gaan lees van Akademi af, mens kan sien dat meeste van dit net replies is waar hulle, hulself verdedig en nog steeds nie help en uitvind hoekom iets n problem is vir jou nie.

0
Replies (2)
Akademia
Akademia's reply07 Jul 2023, 08:11
Official
Beste Andries.

Akademia hanteer graag griewe via die korrekte programe-posadres. Ongelukkig word griewe nie via onbemande adresse en of alternatiewe eksterne platforms hanteer nie.

Wat betref Engelse handboeke, die bepalings en voorwaardes wat studente aanvaar in hulle aansoekproses stipuleer dat studente kennis neem van ons onderrig- en leermetodes en daartoe instem. 

Groete
Akademia
AB
Andries B's update19 Aug 2023, 14:43
Reviewer Update
Jy sien, julle vat geen verantwoordelikheid nie.

Julle dosent het vir my gese om dit aan administrasie op my portaal te stuur so dan het julle nie baie goeie kommunikasie met julle dosente nie. Julle het te laat die invoice aan solidariteit gestuur en dit is hoekom ek laat my handboeke gekry het en ek het bewyse van alles!!! Ek kon nou weer nie n semestertoets skryf nie want ek kon nie in gaan by hom nie, dit gaan seker ook weer my skuld wees want by Akademia is dit altyd die student se skuld en geen hulp word gegee nie.