TL
Tania L

1 reviews | Active since Oct 2012

24 Mar 2023, 12:33

Gelukkige Akademia student

Ek het in 2019 by Akademia begin student as 'n na-ure (e-leer) student en in 2022 my kwalifikasie by hulle bereik. Kommunikasie is deurgans regtig goed. Ek het gereelde e-posse van Administrasie en ook van my dosente ontvang wat my op hoogte gehou het oor enigiets van wat ons moet voorberei vir die volgende klas tot hoe registrasie vir die volgende jaar sal werk. Terloops, registrasie vir studies word op hulle webtuiste gedoen en was 'n maklike proses om deur te maak. Ek is in 2023 geregistreer om 'n nagraadse diploma te doen. :) Onthou, die handboeke gaan nie alles in Afrikaans wees nie, maar al die klasse en notas wat hulle gee is wel in Afrikaans. Hulle kommunikasie aan studente is ook deurgans in Afrikaans. Ek was voorheen by 'n ander hoër onderwys instelling geregistreer en het beslis nie dieselfde omgee vir hulle studente daar gesien nie. Akademia is beslis duurder as ander instellings, maar uit my ervaring met hulle, kry jy beslis kwaliteit onderrig.

0
Replies (0)