1 reviews | Active since Mar 2023
Baie gelukkig met Akademia
Ek is tans 'n eerstejaar Bcom (Ondernemingsbestuur) student. En tot dus ver is ek nog baie gelukkig. Ek het laas jaar (2022) by 'n ander tersiere instansie geswot, een wat 'n groot naam het, maar hulle organisasie en kommunikasie was uiters swak, Akademia aan die ander hand het al my oproepe mooi en vinnig beantwoord toe ek aan die begin van die jaar aansoek by hulle gedoen het, hulle het selfs alternatiewe gegee vir dokumentasie wat deur my vorige tersiere instansie nooit vir my gegee is nie en wat ek benodig het om my aansoek by Akademia te voltooi. Een ding wat sover vir my baie uitstaan is dat indien Akademia sprake hoor van dat studente ongelukkig is met iets (al is dit hoe klein) word daar 'n vraelys uitgestuur om ons opinie op swart en wit te kry en ons name bly anoniem. Ander instansies sou nie omgegee het wat hul studente voel nie, want die werk word darem gedoen... So ja, daar is ook paar dinge wat kan verbeter, maar soos alle instansies leer hulle nog elke dag, Akademia probeer darem 'n oplossing kry om die beste te doen vir hulle studente...nie soos ander tersiere instansies nie.
Ek beveel sover Akademia vir enige iemand aan, jy sal nie spyt wees nie.
