1 reviews | Active since Oct 2016
Akademia GEFAAL
Akademia. Dis nou die instansie wat gestig is om ons Afrikaanssprekendes te help om in ons moedertaal te studeer. Om die land wat alreeds op alle gebiede ons onderdruk, 'n bietjie meer toeganklik te maak wat verdere studies, opleiding en die opbou van die land se toekoms aanbetref.
Wat tref ek aan? 'n Verskriklike ontoeganklike instansie wat lyk my, uit hulle pad gaan om aan te gaan met die reeds aaklige lewe in hierdie land. Hulle maak dit byna onprakties onmoontlik om net deur die aasoekproses te vorder, wat nog te sê die registrasie en uiteindelik die finale eksamen.
Ek is uiters teleurgesteld oor die ontoeganklikheid van Akademia. Hulle toelatingvereistes is uiters konserwatief, nougeset en onprakties. Hulle diens is traag, grens aan onbeskof en mens moet R250.00 betaal vir absoluut niks. Akademia, jy het gefaal net soos al die ander universiteite in die haglike land wat ons Afrikaanssprekendes so onderdruk en sal 'n wesenlike aandeel hê aan mense wat die land verlaat en in ander dele van die wêreld hulle kundigheid en verdere wil en lus in opleiding, voortsit.
