1 reviews | Active since Aug 2017
Akademia gaan jou geld vat!
As ek kon sou ek nie eers een ster gee nie. Ek het ingeskryf begin 2025 om te studeer by Akademia, na-uurs. Ek het die registrasie fooi betaal om 'n studentenommer te kry want sonder 'n studentenommer kan jy nie aansoek doen vir studiehulp by die twee instansies wat Akademia bemark nie. Die finansiering is nie goedgekeur nie en dus kon ek nie begin met studeer nie. Met die KLEM op begin nie. Ek het hulle dadelik laat weet dat ek staak die studies...wat toe nog nie begin het nie. Dit is nou te se as jy enige iemand in die hande kry. Die een verwys jou soontoe en daardie een verwys jou soontoe. Toe kom die eerste rekening vir R60000.00???!!! Van toe af bel ek elke maand as ek hierdie rekening kry en probeer verduidelik... EK STUDEER NIE BY JULLE NIE! Hoe bewys 'n mens nou vir hulle dat jy nie gebruik maak van enige van hulle hulle aanlyn hulpbronne nie??? Mnr Dirk Hermann, kan u asb vir my verduidelik?
