CS
Chantelle S
1 reviews | Active since Mar 2023
22 Mar 2023, 14:45
Afrikaans ????
Akademia is onderstel om afrikaans te wees maar alle handboeke en ekstra opnames is in engels, en mens mag nie direk die Dosent vra oor die werk nie alles moet op die spens geplaas word waar daar soms n week gewag word vir hulp tot n vraag.... Dosente lees ook net alles af van Notas en alle voorbeelde word ook net so uit die boeke gelees, ons kan self die voorbeeld uit boek lees wat dit stap vir stap verduidelik, plaas gebruik hul n ander voorbeeld wat nie in die boek staan nie... ek sal nie Akademia aanbeveel nie, Akademia het BAIE agter uit gegaan vanaf Covid....
Helpful (0)
Replies (1)0
Replies (1)Akademia's replyOfficial
23 Mar 2023, 21:42Beste Chantelle, Afrikaans is Akademia se voertaal en ons plaas ʼn hoë premie op moedertaalonderrig. Ongelukkig is dit onvermydelik dat daar in bepaalde gevalle van Engelse handboeke gebruik gemaak moet word, aangesien sekere tekste nie in Afrikaans beskikbaar is nie. Verder noodsaak Akademia se ***us op akademiese uitnemendheid dat die mees geskikte en relevante studiemateriaal ten opsigte van die vakdissipline en die dinamiese bedryfsomgewing voorgeskryf word. Die werklikheid hou in dat hierdie bronne dikwels Engels mag wees – alhoewel daar alle moeite gedoen word om waar moontlik van gepaste Afrikaanse bronne gebruik te maak. Akademia neem erns met die begeleiding van studente in hulle moedertaal, en daarom is die oorgrootte meerderheid bykomende hulpbronne, asook die aanlyn leerplatform (die Spens), uitsluitlik in Afrikaans. Soos duidelik gekommunikeer tydens die bepalings en voorwaardes van Akademia, kan studente die amptelike griefproses gebruik om enige ongelukkighede uit te klaar. Ons nooi jou graag uit om dieselfde te doen deur ’n e-pos te stuur na jou program-e-posadres sodat ons ondersoek kan instel. Groete
Akademia's reply23 Mar 2023, 21:42
Official
Beste Chantelle, Afrikaans is Akademia se voertaal en ons plaas ʼn hoë premie op moedertaalonderrig. Ongelukkig is dit onvermydelik dat daar in bepaalde gevalle van Engelse handboeke gebruik gemaak moet word, aangesien sekere tekste nie in Afrikaans beskikbaar is nie. Verder noodsaak Akademia se ***us op akademiese uitnemendheid dat die mees geskikte en relevante studiemateriaal ten opsigte van die vakdissipline en die dinamiese bedryfsomgewing voorgeskryf word. Die werklikheid hou in dat hierdie bronne dikwels Engels mag wees – alhoewel daar alle moeite gedoen word om waar moontlik van gepaste Afrikaanse bronne gebruik te maak. Akademia neem erns met die begeleiding van studente in hulle moedertaal, en daarom is die oorgrootte meerderheid bykomende hulpbronne, asook die aanlyn leerplatform (die Spens), uitsluitlik in Afrikaans. Soos duidelik gekommunikeer tydens die bepalings en voorwaardes van Akademia, kan studente die amptelike griefproses gebruik om enige ongelukkighede uit te klaar. Ons nooi jou graag uit om dieselfde te doen deur ’n e-pos te stuur na jou program-e-posadres sodat ons ondersoek kan instel. Groete
