1 reviews | Active since Jul 2011
Poor service (AJ Waterman projects)
<p>In die begin was die mense nice en het jou vinnig gehelp met die aankope. Het beeskraal bestel waarvan 6 panele en 2 panele met hekkies is. Het gevra vir die beesnek klamp ook en laaibank. Ek moes n deposit neersit en sy het gese dit sal n week vat dan is dit klaar. My man het deurgery na hul toe en die goeters gaan optel. Hul het my 6 panele gegee sonder die panele met hekkies. Die nekklamp was nie op standard nie, die gat waar die kop moet ingaan is so groot dat nie eers n groot bees se kop sal daar inhak nie. Die laaibank se vloer is nie eers met n solide plaat aanmekaar gesit nie. Dis met stukke plaat aanmekaar gesit en jy sien die gate tussen in. Die panele wat met pyp gedoen is, is nie eers moei geweld nie, jy sien Sommer die laste kom nie mooi bymekaar nie. Hul het vir my man gese hul sou die week daarop klaar wees met hekke. Het hul ge****ak en gese ons is nie tevrede met nekklamp nie, en gevra om dit om te ruil vir panele. Hul het toe gese dis reg en ek sal dit kry in week daarop. Vandaar af is dit net beloftes en dit is nou al 2 maande en kry niks. Hul het gese in die week dat 2 panele met hekkies en arches reg is en dat ons dit kan kom haal. Anton het gese hy sou dit aflewer het maar niks het gebeur nie. Ek het hom seker 2 maande terug gese dat hy die ander 4 panele saam met die wat hy nog skuld klaar maak dan sal ons dit kom haal op een****, maar dis nog nie gedoen nie. Vreeslike stories omdat dit nog nie gedoen is nie. Ek is al moedeloos en die belangrikste ding is, is dat hul hul geld al klaar gekry het en nou wag n men's al 2 maande na die tyd en daar gebeur niks. Hul wil nie eers hul foon optel nie. Ek het vir Anton gese as hul sukkel met panele, kan hul my geld dan terug gee vir nekklamp, maar niemand se niks. Hul is doodstil . Elk keer het hul n verskoning. Kan iemand my help. Ek het al die bewyse en gesprekke wat aangegaan is.</p>
