WORST experience EVER!!
ONGELOOFLIKE SWAK ERVARING!! Ek het lanklaas in my lewe so 'n onprofessionele maatskappy beleef. Thys Botes van Afriworld word genooi om 'n kwotasie vir 'n trek te kom gee. Hy daag op, en loop vinnig deur die huis en tuin, maak geen lysie of inventaris nie - en stuur sy kwotasie. Ons aanvaar die kwotasie, aangesien die prys billik is. Volledige betaling word ook gemaak soos hulle dit verkies. Trek is geboek vir die 23ste. Ons planne verander ongelukkig, en moet skuif na maandeinde toe. Hulle is met liefde bereid om die trek te skuif, maar die ekstra R5000 moet ook eers betaal word. Die dag van die trek breek aan. Die drywer daag met een trok op - omtrent 08h30, nadat ons hulle gevra het om vroeer te kom. Hy moet eers ry vir nog 'n sleepwa. Thys daag op - en begin dadelik kapsie maak teen die hoeveelheid meubels. "Nee, daar was nie soveel goed nie, en begin sommer my verloofde en my skoonma aanvat daaroor, en 'n onsmaaklikheid breek uit", maar hy stem toe uiteindelik in dat die trek kan voort gaan. Jammer dat hy nie sy lysie gemaak het nie - sjoe!! So werk sy mense bitter stadig, sy drywer ruik na drank, maar ons moet geduldig wag, aangesien ons nie meer 'n keuse het nie. Hulle gebruik toe sommer ons bubblewrap sonder om te vra. Toe? Die trok en sleepwa begin vol raak? Kry my verloofde ewe skielik 'n oproep van Thys af. ''Ek weier om sekere items verder te trek. Ek sal dit more aanry teen 'n ADDISIONELE R5000!!?? (onder andere 'n Jojo Tank en 'n klomp potte). Ons weier toe natuurlik om dit te betaal. Die trok arriveer uiteindelik na donker by ons nuwe huis. Thys bel om te hoor of ons dalk die mense met 'n flits kan help!!?? En? 22h15 die aand? Toe dra hulle die laaste items in die huis in. En? 'n Antieke "grandfather" klok is gebreek!! En vele ander Meubels is gekrap en hulle hou toe sommer my braai se rooster ook (na 3 dae en heelwat oproepe darem teruggekry)
DINK, asb baie BAIE mooi voor julle met die mense besigheid doen!! Ek het nog NOOIT so iets beleef nie!!
ONGESKIK, onproffesioneel, stadig en blykbaar sonder trots ook!!
