VV
Vianca V

1 reviews | Active since Sept 2026

09 Sept 2026, 10:42

Uitstekende ervaring

Ek wil graag vir Ryan du Toit van AfriSkuld spesiaal bedank vir die ongelooflike diens en ondersteuning wat hy my deur die hele proses gegee het.

Ryan was van die begin af geduldig, begripvol en opreg behulpsaam. Hy het my nooit gejaag of onder druk laat voel nie, en hy het altyd die tyd geneem om alles behoorlik aan my te verduidelik. As ek onseker was en iets twee of selfs drie keer moes vra, het hy dit elke keer weer rustig verduidelik sonder om my ooit ongemaklik te laat voel.

Wat ek veral waardeer het, is dat hy verstaan het dat hierdie ’n ernstige finansiële verbintenis is. Hy het dit ook so behandel. Daar was geen gevoel van druk om vinnig deur die proses te kom of ’n besluit te neem voordat ek gereed was nie. Hy het seker gemaak ek verstaan wat aangaan en waarmee ek instem. Hy het ook ongelooflik baie moeite gedoen om die proses vir my maklik te maak en dinge namens my te koördineer, eerder as om my van een persoon na die volgende te stuur en alles self te laat probeer oplos.

Nader aan die einde van die proses het ek ook vlugtig met Lizanne van Wyk en Juan-Marie Kapp te doen gehad, en albei dames was ook baie vriendelik, professioneel en behulpsaam. Alles in ag genome was dit ’n uitstekende ervaring. Veral vir iets waaroor ’n mens maklik skaam of ongemaklik kan voel, het ek op geen stadium geoordeel of minderwaardig gevoel nie. Ek is deurgaans met respek, geduld en menslikheid behandel, en dit het vir my ’n groot verskil gemaak.

Baie dankie aan Ryan en die res van die span. ⭐⭐⭐⭐⭐

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply09 Sept 2026, 10:46
Official
Hi, Vianca Baie dankie vir die 5-ster resensie. Dit is altyd lekker om sulke positiewe terugvoer te ontvang. Ons waardeer u vriendelike woorde opreg en deel dit graag met die span.

Vriendelike groete,Die AfriSkuld Span.