1 reviews | Active since Oct 2011
Uitstekende diens by Afriskuld – dankie, CJ!
Ek wil graag erkenning gee aan die fantastiese diens wat ek by Afriskuld ontvang het, spesifiek van CJ. Van die heel eerste oproep af het CJ my dadelik op my gemak gestel. Hy het geduldig na my situasie geluister, alles duidelik verduidelik, en my gerusgestel dat ek in goeie hande is. Wat vir my die meeste beïndruk het, was hoe professioneel en doeltreffend die hele proses hanteer is. Daar was geen onnodige vertragings of verwarring nie – CJ het my deur elke stap gelei met deursigtigheid en omgee. Teen die einde van dieselfde besigheidsdag het ek rigting gehad, iets wat ek nie eens verwag het nie! Dit is nie dikwels dat 'n mens diens van hierdie kaliber ervaar nie. CJ se toewyding, vriendelikheid en doeltreffendheid het 'n groot verskil gemaak, en ek voel opreg dankbaar vir die manier waarop alles hanteer is. Baie dankie, Afriskuld en CJ(en Bianca), vir julle uitstekende diens!
