1 reviews | Active since Aug 2026
Uitmuntende diens!
Namens my en my vrou Wil ons vir Zené en die span van Afriskuld bedank vir die ongelooflike ondersteuning gedurende n baie moeilik en vreesaanjaende tyd in ons lewens. Ons seun se mediese toestand het baie veranderings gebring, en in ons poging om die beste vir hom te doen, het ons in n baie moeilik finansiele posisie beland. Die konstante stres aan die einde van die maand om net planne te maak vir debit orders was oorweldigend.
Zené het egter al ons vrese weg geneem rondom Dept review. Sy het elke vraag met feite beantwoord, alle onsekerhede uit die weg geruim en ons dadelik op ons gemak laat voel. Haar diens was uniek.
Bo en behalwe: Sy het gereeld na normale werks ure in gecheck, reelings rondom beskikbare tye getref en ons op hoogte gehou om my te akomodeer met my werks ure en besige werks skedule.
Persoonlike oplossings: Sy het n opsie spesifiek vir ons aangepas wat ons maandelikse terug betalings aansienlik verminder het.
Danksy Zené en Afriskuld het ons gesin uiteindelik weer asemhalingsruimte. As jy in n moeilike posisie is en iemand soek wat werklik omgee en met integriteit werk, beveel ek vir Zené van Afriskuld heelhartig aan. Baie dankie vir hier die lewenslyn!
Ons waardeer dat julle die tyd geneem het om met ons te deel en ook melding maak van die gehalte diens ontvang vanaf Zene.
Ons waardeer dat julle die tyd geneem het om met ons te deel en ook melding maak van die gehalte diens ontvang vanaf Zene.
