CN
Chantelle N

1 reviews | Active since Feb 2020

30 Jul 2024, 13:03

SWAKSTE DIENS

As ek geweet het die sal so 'n onaangename proses wees dan het ek myself nooit onder debt review gesit nie. Ek is al amper 'n jaar by Afriskuld en my rekeninge is nog steeds nie op gedateer met die regte bedrae nie, my IPDA staat en bankstaat wys twee verskillende bedrae, my kar se paaiement is agterstallig, my krediet kaart het ook blykbaar 'n bedrag uitstaande wat nie betaal is nie. Ekt hoeveel keer gebel, ek wag dae aan een vir terugvoering en dan moet ek self weer bel en dit uitsorteer, tickets word gecreate en dan weer toe gemaak asof die probleem opgelos is maar ekt geen terugvoering ontvang nie. Swakste diens ooit, en as ek bel en my frustrasie deel dan se die dame (Annemi) vir my ek moet nie so oorreageer nie. Glad nie profesioneel nie. As ons nie onder debt review is nie dan kry jy nie salaris nie dame so ek sal aanraai dat Afriskuld hul kliente diens ernstiger opneem.

Ek wil he iemand moet in ****ak kom met my sodat ek die proses kan volg om myself uit julle kloue te kan kry en my eie skuld weer behartig want my paaiemente was nie een dag agter tot ek by julle aangesluit het nie.

Ek sal almal afraai om julle te gebruik, bitter teleurstellend.

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply30 Jul 2024, 13:56
Official
Hi  Chantelle,

Dankie dat u hierdie onder ons aandag gebring het en ons vra verskoning vir die diens wat u ontvang het so ver. Die kliente diens lynbestuurder gaan u binnekort ****ak en vinnig hierdie met u uit te sorteer.

Vriendelike Groete,
Afriskuld Span