1 reviews | Active since Oct 2017
SWAK DIENS WEEREENS
Sowaar dis my t****e " review" van finfix. Ek het voorheen al gekla dat hulle geld oorbetaal nes hulle lus het, maande gesukkel met n rekening wat klaar betaal is dat hulle die gelde korrek kon allokeer maar weereens met nog een wat klaar is bly hulle net die geld oorbetaal en is die rekening alweer in n krediet. en as jy s***el dan is dit die een verskongin na die ander, waarvoor betaal ek dan admin geld as ek dit self moet doen, duidelik vat hulle jou geld en betaal net wat hulle wil, niemand kyk na die balanse behalwe 1x per jaar nie, en die een departement weet nie wat die ander doen nie - finfix is n gemors van n skuldberader, sodra hulle jou gevang het is dit neusie verby, moenie enige diens verwag na dit nie. ek het hulle ook atend gemaak op die feit dat ek al 2 jaar by hulle is maar een vd rekeninge wys ek gaan nog 5 jaar aan die betAAL en dis dan n totaal van 7 jaar - OMW en dan se die dame so ewe hulle poog om binne 60 maande te bly, 60 maande en 84 verskil baie van mekaar - ****AK JOU SKULDEISERS SELF EN TREF REELINGS MET HULLE - BLY WEG VAN DIE KASTIGE BERADERS!!!!!!
Ons het 'n ondersoek gingestel en van ons kant af het die gjaarlike hersiening wat op 2024-03-04 aan u gestuur is, steeds 'n uitstaande saldo getoon waarop betaal moet word. Volgens ons sisteme sal die rekening dan steeds die betalings ontvang volgens die kaskade betaalplan wat volgens die Hofbevel toegestaan is. Wanneer 'n rekening opbetaal is, kan ons nie die rekening uitsluit van skuldhersiening of die paaiement stop totdat ons die opbetaalde brief en bevestiging van die bank het dat die rekening opbetaal is nie.
Ons verstaan wel dat dit soms frustrerend kan wees aangesien daar nou 'n terugbetaling is wat toegeken moet word, maar volgens die NCR Regulasies & Wet kan ons nie die betalings stop voordat ons die bewys van 'n opbetaalde brief het dat die rekening opbetaal is nie . Dit is net om seker te maak dat as daar 'n klein uitstaande balaans is dat ons nie ophou om die rekening te betaal nie en dat daar 'n kans op beëindiging is.
Met betrekking tot jou termyn het ons jou termyn met jou bespreek aangesien die termyn op 2022-04-07 ongeveer 98 maande sal wees die huislening uitgesluit, wat jy toe verstaan en aanvaar het. Neem asseblief kennis dat dit die tussentydse betalingsplan was en dat die bepalings kan verskil totdat die finale betalingsplan goedgekeur is en by die krediteure in plek is. Van die begin af het ons verduidelik dat ons wel probeer om ons kliënte binne 'n tydsbestek van min of meer 60 maande by te staan op skuld wat nie 'n bate is nie maar dit kan langer as 60 maande wees afhangende van die uitkoms van die skuldeiser en die landdroshof.
Ons sien wel dat een van ons konsultante jou gehelp het met die navraag wat jy daardie oggend met volle vertroue ingestuur het om seker te maak dat jou navraag spoedig opgelos word. Ons het haar ook versoek om gereeld met jou op te volg en seker te maak dat jy wel op die beste manier moontlik bygestaan word.
Laat weet ons asseblief as daar enigiets anders is waarmee ons jou kan help aan ons Kliënte diens lyn bestuur by *** vir enige ander navrae of bekommernisse.
Vriendelike groete,
AfriSkuld-span