1 reviews | Active since Aug 2026
Ons voel Wian is op die regte tyd oor ons pad gestuur
Meer as net iemand wat vir AfriSkuld werk – Wian het ons gehelp om weer te kan leef ❤️
’n Mens wat ons nooit sal vergeet nie ❤️
Ons wil graag ’n spesiale dankie sê aan Wian van AfriSkild.
Ons het deur ’n ongelooflik stresvolle tyd gegaan en, eerlikwaar, het ons op ’n punt gevoel ons weet nie meer watter kant toe nie. Toe kom Wian oor ons pad — en van die begin af het dit gevoel asof hy gestuur is om ons te help.
Hy het ons ongelooflik vinnig, professioneel en met soveel begrip gehelp. Hy het nie net vir ons ’n probleem opgelos nie… hy het vir ons weer hoop en asemruimte gegee.
Wian het ons gehelp om ons finansiële situasie weer op die been te bring en om te voel dat ons weer ’n bietjie beheer oor ons lewe het. Vir ons was dit soveel meer as net skuld en syfers. Hy het ons gehelp om weer te voel dat ons kan leef, dat daar ’n pad vorentoe is en dat ons nie alleen in hierdie situasie is nie.
Ek wens regtig ek kon vir soveel meer mense van Wian vertel, want as iemand daar buite tans voel hulle is vasgevang, oorweldig en weet nie waar om te begin nie — praat met hom.
Wian, dankie vir jou ongelooflike diens, jou geduld, jou vinnige hulp en die manier waarop jy ons behandel het. ❤️
Ons sal altyd voel dat jy op presies die regte tyd oor ons pad gestuur is.
Jy het ons nie net met skuld gehelp nie. Jy het ons gehelp om weer te kan leef. 🙏❤️
★★★★★
Groete Geraldine
Ons waardeer hierdie tipe terugvoer geweldig baie en is bly on te weet dat jou ervaring belyn met die tipe diens waarna ons span streef.
AfriSkuld Groete.
Ons waardeer hierdie tipe terugvoer geweldig baie en is bly on te weet dat jou ervaring belyn met die tipe diens waarna ons span streef.
AfriSkuld Groete.
