PB
Pieter B

1 reviews | Active since Mar 2020

09 Sept 2026, 12:36

Hulle is ok.

Hulle is orraait. Hulle het darem ie**** gehelp maar die eerste kwotasie en wat ek nou betaal lyk effe anders. Eers gesê ons gaan van R8500 na R5300 per maand toe gaan. Dis nou R6100 en R300 pm verhoging elke jaar.

Ek sou ook waardeer het as daar nie so baie druk op ons was om die papierwerk gou af te handel nie. So sou ek en my vrou dalk een bankrekening gedeel het wat my beter toesig en beheer sou gee, eerder as die misgekommunikeerde uitneem van twee aparte rekeninge - dalk ook nie die R375pm adisionele nuwe uitgawe op die twee nuwe rekeninge nie.

Skuldberading beteken ook nie finansiële advies nie. Hulle het net al ons skuld in een paaiement gesit met n laer rentekoers en n laer premie. Met die TV lisensie skuld is ek ook op my eie maar gelukkig kon AI my adviseer en nou betaal ek net helfde, van wat my totale rekening was, af oor 5 maande.

Ten slotte, ek kan hulle aanbeveel. Die kommunikasie na die deal is baie goed. Dis lekker ook om met iemand in my moedertaal te praat. Minder stresvol. Jy sal nie spyt wees nie.

0
Replies (1)
Afriskuld
Afriskuld's reply09 Sept 2026, 12:40
Official
Hi, Pieter Baie dankie dat u die tyd geneem het om u ervaring met ons te deel. Ons waardeer u ondersteuning en terugvoer opreg.

Vriendelike groete,
 Die AfriSkuld Span

Best regards,