1 reviews | Active since Jul 2021
Gerieflik en Pynloos
Ek is tot dusver baie beïndruk met Afriskuld. Baie dankie aan Zanie vir haar vinnige en professionele diens. Sy was geduldig, uiters kennisvol en het werklik uit haar pad gegaan om my te help om al my dokumente betyds en korrek in orde te kry vir registrasie.
Na registrasie het ek vinnig terugvoer en kommunikasie van my kredietvers******s ontvang, wat vir my bevestig het dat Afriskuld werklik hulle deel doen om jou so gou moontlik skuldvry te help word. Die hele proses was pynloos en eenvoudig, danksy ’n uitstekende span en duidelik goeie bestuur.
Ek wens meer maatskappye het dieselfde vlak van diens gelewer. Ek kan nou die res van my skuld met gemoedsrus aanpak, met die wete dat Afriskuld vierkantig agter my staan — vrede, uiteindelik.
Baie dankie vir jou terugvoer!
Ons is ongelooflik bly om te hoor dat jou ervaring met AfriSkuld tot dusver so positief was. Zanie sal baie bly wees om te hoor dat haar vinnige, en toegewyde diens vir jou so ’n groot verskil gemaak het.
Dankie vir jou vertroue in AfriSkuld. Ons is trots om jou op jou pad na skuldvryheid te ondersteun.
Vriendelike groete,
Die AfriSkuld-span