1 reviews | Active since Jan 2024
Geen diens
More. Afriskuld is baie vinnig om jou te blacklist, maar die proses om af te kom is baie moeilik. Het begin November 2023 by hulle aangeluit. Teen einde Nov het hulle die eerste paaiement afgtrek so was vinnig om jou op dept review te sit. Begin January 2024 jet ek gevra vir aflos briewe sodat ek van debt review af kan gaan. Teen middel Januarie is al terugvoer wat ek gekry het is dat hulle jog vir aflos briewe wag. Ek het toe self al die aflos briewe gekry en al my skuld afbetaal. Ek het die bewyse deur gestuur en hulle laat weet dis kla. Hulle het toe gesê hulle sal briewe van die skuld eisers kry sodat hulle my kan afhaal. Teen einde Januarie wag hulle nogsteeds toe het ek self die briewe aangevra. Ek doen al die werk waarvoor hulle betaal word en tot vandag het ek nog geen idee wat hulle fooie is nie. Trek net geld af. Hulle het einde Januarie toe weer n paaiement afgetrek en my verband is ook van my rekening af. Niks wat hulle moes doen is gedoen behalwe om my te black list nie.
Dankie dat u die tyd geneem om vir ons 'n resensie te skryf. Ons neem hierdie tipe klagtes baie ernstig op.
Ons verseker u dat ons geen van ons kliënte swartlys nie.
Ons ondersoek die saak deeglik en sal binnekort terugvoer verskaf.
Vriendelike groete,
AfriSkuld-span

Ons wil u graag inlig oor die uitkomste van die ondersoek wat ons, soos beloof, uitgevoer het.
Na 'n deeglike ondersoek bevestig ons dat u wel aflosbriewe aan ons gestuur het. Hierdie briewe was egter vir rekeninge wat nie deel van die proses uitgemaak het nie. Vir die rekeninge wat wel by die proses ingesluit is, het ons aflosbriewe benodig. Daarom het ons u genader met die versoek om bewys van betaling vir hierdie spesifieke rekeninge aan ons te verskaf.
Dit is vir ons van uiterste belang om aan die streng vereistes van kredietvers******s te voldoen, om sodoende die beste belange van ons kliënte te beskerm. Kredietvers******s benodig bewys van betaling voordat hulle 'n aflosbrief kan uitreik. Daarom het ons hierdie bewyse van betaling benodig, in plaas van die aflosbriewe, om die saak korrek te hanteer.
Wat die debietorders betref, het ons, soos met ons kliëntediens-lynbestuurder bespreek, besluit om die fondse aan u terug te betaal. Dit is regverdig, gegewe dat u rekeninge reeds vereffen was toe die debietorders afgetrek is, selfs al was daar nog dokumentasie uitstaande om die saak te bewys. Ons kliëntediens-lynbestuurder het bevestig dat sy vandag met u in ****ak was en dat alle uitstaande kwessies na wense opgelos is. Sy het die verantwoordelikheid vir u portefeulje aanvaar, en u is welkom om enige tyd direk met haar ****ak te maak.
U tevredenheid is vir ons van die grootste belang. Indien u enige verdere vrae het of addisionele bespreking verlang, moedig ons u aan om ons direk te ****ak.
Vriendelike groete,
AfriSkuld Span

Baie dankie vir u boodskap. Ons is baie bly om te hoor dat u tevrede is met ons poging om die saak reg te stel.
Mag u 'n wonderlike dag verder hê.
Groete