JB
Jan B

1 reviews | Active since Nov 2024

10 Nov 2024, 11:15

FINFIX/AFRISKULD is glad nie aanbeveelbaar nie !!!

Bly ver weg van die mense af !! Hulle kom nie hulle beloftes na nie , en ek raak nie al hoe dieper in die gemors! HUlle tervoering is n grap.

0
Replies (7)
Afriskuld
Afriskuld's reply10 Nov 2024, 11:18
Official
Hi Jan, 

Dankie dat jy dit onder ons aandag gebring het. Ons neem hierdie klagtes ernstig op. Ons sal ondersoek instel en jou terugvoer gee.

Vriendelike Groete,
AfriSkuld Span
Afriskuld
Afriskuld's reply11 Nov 2024, 15:25
Official
Hi Jan, 

Soos bespreek, die laaste kommunikasie wat ons van u ontvang het, was ’n paar maande gelede oor u aansoek, en daar was geen verdere korrespondensie van u op ons platform rakende enige addisionele versoeke nie. 

Ons verstaan die belangrikheid daarvan om u op hoogte te hou, daarom sal ons die relevante dokumente aanstuur wat die betalings aan u skuldeisers uiteensit. Ons wag op die dokumente wat u genoem het dat u van die skuldeisers ontvang het om dit te ondersoek, kan u dit asseblief so gou moontlik na ons kantoor stuur.

Weet asseblief dat kliëntediens ons prioriteit is, en ons is verbind tot volle nakoming van alle regulasies.

Dankie vir u begrip en tyd.

Vriendelike Groete, 
AfriSkuld Span
Afriskuld
Afriskuld's reply19 Nov 2024, 16:17
Official
Hi Jan 
 
Soos gister telefonies bespreek, wag ons tans op terugvoer vanaf Absa. Ons kantoor sal die relevante dokumentasie aan u deurstuur sodra ons dit vanaf hul kantore ontvang.

Ons sal u op hoogte hou soos ons verdere opdaterings kry. Laat weet asseblief indien daar enige ander sake is waarmee ons u kan bystaan. 

Vriendelike Groete, 
AfriSkuld Span
Afriskuld
Afriskuld's reply26 Nov 2024, 20:04
Official
Hi Jan, 

Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief wat u ervaar. Ons kantoor sal ****ak met u maak so gou as moontlik.

Vriendelike Groete,
AfriSkuld Span
JB
Jan B's update26 Nov 2024, 21:57
Reviewer Update
26 November ,
Dieselfde storie ! Bollie op Bollie ! Ek wend my nou maar na gesag wat julle industrie beheer , daarna , gaan dit nie meer lekker wees vir julle nie , al hoe meer berigte van julle swak diens !. op die internet !
JB
Jan B's update26 Nov 2024, 21:59
Reviewer Update
Mense dit is die ergste wat ek nog vir n "aap" gevat is !

Geen skriftelike antwoorde soos ek gevra het nie !


JB
Jan B's update16 Jan 2025, 09:15
Reviewer Update
Hi Afriskuld Span ,
My opsomming wat ek gister 15 Jan 2025 geplaas het is verwyder ! Dit is net verder n bewys van swak kommunikasie van julle personeel af , ek gaan nood gedwonge name begin noem as julle nie met my in aan raking kom nie. Ek word van bakboord na stuur boord rond ge-dinges.
Nie goed nie ! Ek het twee persone gevra dat n sekere persoon my moet s***el , nou val alle ****ak met julle op dowe ore .