1 reviews | Active since Aug 2026
Dankie Afriskuld,Dankie Anthony Stuwig
Baie dankie Afriskuld Anthony Stuwig, aan jou en die hele Afriskuld span, baie baie dankie. Na maande se wag, vrae, onsekerheid en uiteindelik die finale indiening, kan ons eerlik sê dit was alles die moeite werd. Van die begin af was daar n mond vol vrae, maar jy het ons deur elke stap gelei en telkens die nodige gerusstelling gegee. Anthony Stuwig, spesifiek vir jou, dankie dat jy elke oomblik die moeite werd gemaak het. Dankie vir jou geduld, jou tyd, jou moeite en dat jy altyd bereid was om dinge weer te verduidelik en ons gerus te stel wanneer ons onseker was. Ons waardeer opreg alles wat jy vir ons gedoen het en nog meer as wat woorde kan sê. Om nou te weet dat ons elke maand soveel gaan spaar, maak die hele proses net soveel meer die moeite werd. Aan Afriskuld, baie dankie vir julle harde werk, ondersteuning en alles wat julle vir ons gedoen het. Ons waardeer elke bietjie moeite wat in ons saak gesit is en is ongelooflik dankbaar vir die verskil wat dit nou aan ons maandelikse begroting gaan maak. P.S. Anthony Stuwig, n spesiale dankie aan jou. Jy het werklik elke stap, elke vraag en elke oomblik van wag die moeite werd gemaak. Ons waardeer jou ongelooflik baie. Truly dankie Afriskuld vir alles en nog meer.
Die AfriSkuld Span
Die AfriSkuld Span
