1 reviews | Active since Jun 2024
Daar is ander maniere. "Debt review is not it"
Afriskuld is ń baie goeie maatskappy, maar...moet nooit voel jy is in so ń donker plek dat jy jouself moet oorgee aan skuld berading nie. Vir 5 jaar is jy vasgevang in skuld berading ding. Dis die grootste fout wat ek gemaak het. Daar is maniere om jou skuld af te betaal, maar "debt review is not it!" Ek Wil elkedag huil oor hierdie swak besluit van my. Enigste rede hoekom ek dit gedoen het is om skool geldjies af te betaal, en toe is skoolgeld nie eers ingesluit nie. Ek weet nie hoekom ek toé al die hele proses stop gesit het nie, maar ekt aangegaan met die proses. En nou is daar geen keer nie.
Ek is nou al ń jaar by Afriskuld. Hulle is ń baie deursigtige maatskappy. Ek kry elke maand my state. Ek't glad nie n probleem met Afriskuld nie. Vat net bietjie lank om groot rekenige te betaal, maar ek neem aan dis deel van ń hele proses. Kommunikasie is ook uitstekend.
Maar andersins het ek nog +/- 4 jaar om hierdie af te betaal..en dán moet ek eers weer my lewe begin opbou. 😌
Groete
Baie dankie vir jou resensie. Ons is bly daar is goeie kommunikasie en dat ons goeie diens kan lewer.
Ons bestuur span sal jou ****ak om bietjie te gesels oor die proses en enige vrae wat jy het sal ons graag vir jou rustigheid wil gee.
Vriendelike Groete,
AfriSkuld Span
Baie dankie vir jou resensie. Ons is bly daar is goeie kommunikasie en dat ons goeie diens kan lewer.
Ons bestuur span sal jou ****ak om bietjie te gesels oor die proses en enige vrae wat jy het sal ons graag vir jou rustigheid wil gee.
Vriendelike Groete,
AfriSkuld Span
